Toewydingseremonie by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) se toewydingsplegtigheid vir voorgraadse Gesondheidswetenskappe-, MBChB-, en Verpleegkunde-, asook HonsBSc Biokinetika-graduandi vind Maandag 25 Maart 2024 plaas.

Lokaal

JN de Villiers-raadsaal, Kliniese gebou, eerste verdieping, Tygerberg-kampus.

Tydgleuf

Aankoms: 11:30
Seremonie: 12:00 tot 13:00
Sluit asseblief by ons aan vir ’n glas vonkelwyn of sap na afloop van die plegtigheid.

Gaste

Graduandi mag vier (4) gaste nooi om die plegtigheid by te woon.

RSVP

’n Aparte uitnodiging sal aan voornemende graduandi gestuur word vir RSVP-doeleindes.

Formaat

Persoonlike bywoning

Akademiese drag vir toewydingsplegtigheid

Volg asseblief die volgende stappe vir die huur, afhaal en terugbesorging van akademiese drag.

Belangrike inligting: Dit is verpligtend dat FGGW-graduandi ’n swart toga dra vir die toewydingseremonie. Let asseblief daarop dat geen band benodig word vir die toewydingseremonie nie. ’n Band word slegs vir die gradeplegtigheid benodig.

Huur: FGGW-graduandi moet direk met Dippenaar & Reinecke in verbinding tree by die volgende kontakbesonderhede:
Tel: 012 343 2945/7
E-mail: admin@diprei.com
Klik hier vir die aansoekvorm en meer inligting oor kostes.

Afhaal: FGGW-graduandi kan hulle akademiese drag óf op die Tygerberg-kampus (slegs geallokeerde dae soos hieronder aangedui) óf by die Coetzenburg-atletiekstadion op die Stellenbosch-kampus afhaal (soos op die Gradeplegtigheid-webwerf aangedui).

Tygerberg-kampus, Lesinglokaal 7, Onderwysgebou:

  • Vrydag 22 Maart, 09:00 tot 15:00
  • Maandag 25 Maart 08:00 tot 15:00

Terugbesorging: Akademiese drag moet by die Coetzenburg-atletiekstadion op die Stellenbosch-kampus terugbesorg word (soos op die Gradeplegtigheid-webwerf aangedui word). Geen akademiese drag kan vir die Maart 2024- toewydingsplegtigheid op die Tygerberg-kampus terugbesorg word nie.

Fotograwe

’n Amptelike fotograaf word vir die toewydingseremonie gereël. Foto’s sal op die verhoog asook by die ondertekening van die belofteboek geneem word. Let daarop dat fotograwe wat deur gesinne gehuur word, ongelukkig nie geakkommodeer kan word nie. Daar sal ná die seremonie tyd wees vir gesinne en vriende om foto’s te neem.

Gereelde vrae

Besoek die Gereelde vrae blad vir meer inligting.