Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Gradefoto’s

Foto’s word tydens en na afloop van die plegtighede deur die amptelike fotograwe van die Universiteit, Stellenbosch-sentrum vir Fotografiese Dienste (SCPS), geneem.

By die gradeplegtigheid word drie foto’s van elke graduandus op die verhoog geneem wanneer die kwalifikasie toegeken word. Ná die seremonies word ’n bestelvorm aan gegradueerdes gestuur. SCPS sal ook vóór en ná die gradeplegtighede in die Sportwetenskap-gebou by Coetzenburg beskikbaar wees om foto’s te neem.

Graduandi kan deur die volgende kanale ’n afspraak by SCPS maak vir gradeplegtigheidsfoto’s:

Kontakbesonderhede:

Tel: 021 808 3073 / 9260
E-pos: scps@sun.ac.za of scpsstellies@gmail.com
Webwerf: https://scpsphoto.co.za/wp/
Besoek hulle kantoor tussen 08:00 en 16:30 by:
Universiteit Stellenbosch, Admin A, kamer 1013, Ryneveldstraat