Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Graduering in absentia

Kandidate wat nie die plegtigheid kan bywoon nie, kan reël dat hulle graad, diploma of sertifikaat in absentia toegeken word deur die voorgeskrewe vorm in te vul. Klik hier om voor Vrydag, 24 November 2023 aansoek te doen om in absentia te gradueer.

Die stelsel sal kandidate vra om óf die opsie te kies om hulle dokumente self te kom afhaal, óf dat hul gradueringsdokumente aan hulle gestuur word via DHL Couriers Ongelukkig sal geen verdere versoeke na hierdie sperdatum moontlik wees nie.

Let daarop dat indien jy nie voor die sperdatum aangedui het dat jy in absentia gaan gradueer nie, jou gradueringsdokumente outomaties per koerier aan jou gestuur sal word. Ongelukkig is dit in hierdie stadium nie meer moontlik om te kies om self die dokumente te kom afhaal nie.

Koerier

Waar reëlings getref is om in absentia te gradueer, sal die betrokke gradueringsdokumente na afloop van die gradeweek na die woonadres wat op die Universiteit se databasis verskyn, gestuur word

Self afhaal

Indien reëlings getref is om self die dokumente te kom afhaal, kan dit van Maandag 18 Desember 2023 af op weeksdae tussen 08:00 en 16:30 by die inligtingstoonbank in Admin A afgehaal word. Die Universiteit sluit Vrydag 22 Desember 2023 om 12:00 en heropen weer Dinsdag 2 Januarie 2024.

Klik hier vir meer inligting oor die versending van gradueringsdokumente.

Gradueringsdokumente

Graduandi wat nie hul gradeplegtigheid kon bywoon nie, of wat aangedui het dat hulle in absentia gaan gradueer, sal hul gradueringsdokumente soos volg ontvang:

Plaaslik en internasionaal

U gradueringsdokumente sal met DHL Couriers versend word, wat die dokumente by u deur sal aflewer, mits u huidige straatadres en kontaknommers op die stelsel opgedateer is.

DHL Couriers sal u skakel op die kontaknommer wat op die stelsel verskyn om u in kennis te stel van die aflewering.

Maak asseblief seker dat u woonadres en kontakbesonderhede korrek is op die stelsel. Let daarop dat geen dokumentasie by posbusadresse afgelewer kan word nie en dus nie uitgestuur sal word nie. Klik hier vir meer inligting rakende die opdatering van u persoonlike en posinligting.

Graduandi word vriendelik daaraan herinner om hulle persoonlike besonderhede, pos- en kontakinligting teen Vrydag, 24 November 2023 op te dateer en kan dit doen deur hier te klik.

*Let daarop dat die Universiteit nie daarvoor verantwoordelik gehou kan word indien foutiewe besonderhede (adresse en kontaknommers) op die stelsel tot gevolg het dat DHL Courier Services die gradueringsdokumente by die verkeerde straatadres aflewer of nie gegradueerdes kan kontak om aflewerings te bevestig nie.

’n Bykomende koste sal gehef word indien gradueringsdokumente wat verkeerd uitgereik is weens foutiewe besonderhede op die stelsel, heruitgereik moet word. Dit is belangrik en bly u verantwoordelikheid om u besonderhede voor die sluitingsdatum (Vrydag 24 November 2023) op te dateer.

Indien graduandi nie hulle inligting teen die sperdatum opdateer nie, sal graduandi hulle eie reëlings met DHL Courier Services moet tref via https://www.dhl.com/za-en/home/get-a-quote.html.

Met betrekking tot die aflewering of opsporing van u gradeplegtigheid dokumente, kontak DHL op 021 872 4717 vir verdere navrae.