Uitstaande studiegeld
Kandidate met uitstaande studiegeld is onderworpe aan die volgende:
Die koker wat die kandidaat by die plegtigheid ontvang, sal nie die amptelike gradueringsdokumente bevat nie, maar ’n rekening vir die uitstaande bedrag en ’n brief wat versoek dat dit betaal word.
Om die Universiteit in staat te stel om kandidate se gradueringsdokumente by die Maart-plegtighede uit te reik, moet kandidate die uitstaande bedrag teen 12:00 op 14 Maart 2023 betaal.
Kontak gerus die Afdeling Studentegeld by 021 808 4521/4913 of studentaccounts@sun.ac.za om reëlings te tref.
Klik HIER vir meer inligting oor studentegelde.
Kontakinligting
Kontak die Kliëntedienssentrum by 021 808 9111 of stuur ’n e-pos aan info@sun.ac.za vir hulp of verdere inligting.