Administratiewe prosedures vir graduandi

Jy word daaraan herinner dat dit jou verantwoordelikheid is om te verseker dat onderstaande inligting korrek en bygewerk is op die studentestelsel deur hier te klik:

Kontroleer asseblief die volgende op jou studenteprofiel:

  1. Dat jou volle naam en van korrek gespel is.
  2. Dat jou volle naam en van, soos op jou ID-dokument, op jou profiel verskyn (jou toewydings- en graadsertifikate vereis jou volle naam en van).
  3. Vir enige regstellings, stuur asseblief ’n e-pos aan:
    Stellenbosch-kampus: info@sun.ac.za
    Tygerberg-kampus: Me Vanessa Joseph (vbj@sun.ac.za)
    Heg ’n afskrif van jou ID aan indien jou naam of van verkeerd gespel was en/of ’n afskrif van jou huweliksertifikaat indien jou nooiensvan na jou getroude van verander moet word.
  4. Die sperdatum vir regstellings is Vrydag 8 Maart 2024.

*Let daarop dat die Universiteit nie daarvoor verantwoordelik gehou kan word indien foutiewe besonderhede (adresse en kontaknommers) op die stelsel tot gevolg het dat DHL Couriers die gradueringsdokumente by die verkeerde woonadres aflewer of nie graduandi kan kontak om aflewerings te bevestig nie.

Graduandi word vriendelik daaraan herinner om hulle persoonlike besonderhede, pos- en kontakinligting teen Vrydag 8 Maart 2024 op te dateer.

Graduandi sal ’n bykomende fooi moet betaal vir enige gradueringsdokumente wat verkeer uitgereik is weens verkeerde inligting op die stelsel.