Economic and Management Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Alumni

Students.jpg

Indien jy 'n graad in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe behaal het, is jy deel van die Fakulteit se alumni-gemeenskap. Die Fakulteit, in samewerking met US se Alumni-kantoor, wil graag kontak met ons oudstudente behou deur middel van ons e-nuusbrief en jaarlikse funksies.

Ons verwelkom nie net jou terugvoer oor hierdie geleenthede nie, maar verneem ook graag van jou loopbaan en prestasies. Kontak die Fakulteit by aamirah@sun.ac.za.

Gebeure: Alumni-Klasdag

Die Fakulteit kan nie die gewilde jaarlikse alumni-geleentheid in Desember hou nie as gevolg van Covid-19. Sodra dit moontlik is om toekomstige funksies te organiseer, sal alumni in kennis gestel word.

Befondsingsprojekte

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe moedig alumni en vriende van die Fakulteit aan om by te dra tot beurse vir verdienstelike voorgraadse fakulteitstudente om hulle te help om hul studies te voltooi.

Die Nagraadse Skool vir Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (GEM) bied ook 'n befondsingsgeleentheid. Dit is 'n eenheid wat verantwoordelik is vir die Fakulteit se voltydse PhD-program. Studente wat vir hierdie gesogte program gekeur word, ontvang 'n beurs vir 'n tydperk van drie jaar. Vir verder inligting oor GEM, kliek hier.

Indien u dit oorweeg om fondse vir beurse beskikbaar te stel, kan u Mnr MJ Brooks kontak om dit te bespreek.

Besoek gerus die Alumni Facebook-blad.