Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​Gelykheidskampioene

​​

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe is, soos wat dit duidelik gestel word in die Strategiese Raamwerk 2019 - 2024, verbind tot die bevordering van 'n mensgerigte institusionele kultuur waarin persoonlike ontwikkeling, gesondheid en welwees, diversiteit, inklusiwiteit, gelykheid en ander menseregte kan gedy.

Ons fakulteit streef daarna om 'n verwelkomende omgewing te wees waar almal ten alle tye met respek en waardigheid behandel word.

Die span individue wat hierdie inisiatief bevorder, is daartoe verbind om geleenthede vir gesprekvoering te fasiliteer en koördineer, waar studente en personeel hul idees vir die skep van 'n ondersteunende akademiese, leef- en sosiale omgewing op die Tygerberg-kampus, kan deel.​ 

Hierdie gespreksgeleenthede sal bydra tot die ontwikkeling van die universiteit se vermoë om 'n denkende omgewing te wees waar die sleutelemente die gehalte van aandag en luistervermoë, ondersteun deur respek en ware belangstelling, is.

 

"All our experiences have value. We see the world in different ways. You and I can be distinct and give each other the gift of distinctiveness without reducing or subjugating the other - we are living in relation."(Anon)

 

Die oorkoepelende doelwit is vir ons om die visie van 'n regverdige, billike, gelyke, veilige en gesonde omgewing te verwesenlik. Hierdie visie strook met die Grondwet van Suid-Afrika en met die Strategiese Raamwerk van die Universiteit Stellenbosch en FGGW. 

Enige interaksie met studente en personeellede sal onderskraag word deur die waardes van die FGGW naamlik inklusiwiteit, verantwoordbaarheid, uitnemendheid, deernis, respek en gelykheid.