Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​Gelykheidsk​ampioene​

Ontmoet ons GKs

 

​​​
Me Farah F​redericks

+27 21 938 9379
farah@sun.ac.za
Kamer1040, Kliniese Gebou

Farah Fredericks is sedert 2010 betrokke by die werwing, keuring en ondersteuning van studente in die Fakulteit. In 2016 is sy in haar huidige pos as Adjunkregistrateur en die Hoof van die Sentrum vir Studente Administrasie (Tygerbergkampus) aangestel. Sy fokus op die ontwikkeling en implementering van strategieë wat studente se ervaring van die Universiteit kan verbeter, is gedrewe om gelykheid by die instelling te bewerkstellig en bevorder toegang vir persone uit agtergeblewe gemeenskappe. Sy het beide haar BA- en-Honneurs-grade in Sielkunde by die Universiteit Stellenbosch verwerf en glo dat individue se unieke vaardighede gebruik moet word om uitstekende resultate te kry.​


Prof​ Lizahn Cloete

+27 21 938 9308
lizahn@sun.ac.za
Kamer 2025,Onderwys Gebou


 




Dr Gerald Maarman

Tel: + 27 21 938 9141
E-mail: gmaarman@sun.ac.za
Kamer TKL 0070A, Kliniese Gebou

Gerald Maarman, is gesamentlik aangestel by die Desmond Tutu-tuberkulosesentrum (DTTC) as 'n navorsingsbestuurder en as hoofnavorser in die Departement Biomediese Wetenskappe (ekspirimentele kardio-beskermingsnavorsing). In sy vrye tyd is hy 'n motiveringspreker en betrokke by jeug-en-gemeenskapsprojekte. Hy is 'n Gospelsanger en komponis en hou van draf en stiltetyd in plekke met baie bome. Gerald geniet kreatiewe skryfwerk (poësie en teater) en reis gereeld regoor die wêreld waar hy sing en as motiveringspreker werk.


Prof Wolfgang Preiser

Tel: +27 21 938 9353 (via Mev Sal van Zyl)
E-pos: preiser@sun.ac.za
Kamer 8078 / 8080, Kliniese gebou

Wolfgang Preiser het geneeskunde gestudeer in sy tuisdorp, Frankfurt am Main in Duitsland, en later gespesialiseer in geneeskundige virologie in Duitsland en Londen. Hy het in 2005 by die personeel op die Tygerbergkampus aangesluit en is onder meer geïnteresseerd tot die werk omdat hy die geleentheid gesien het om 'n verskil te maak in 'n omgewing waar daar terselfdertyd 'n baie groot siektelas in terme van oordraagbare siektes soos MIV/vigs is, en ook die hulpbronne om iets daaromtrent te doen. Na meer as tien jaar voel hy nie 100% Duits of Suid-Afrikaans nie en kan hy dus na kwessies kyk met die verfrissende perspektief van 'n amper-buitestaander.


Dr Mandi Alblas
​+27 21 938 9430
​​aa2@sun.ac.za​
Room 4015, BMRI Suide Gebou







Caitlin Sithole is a MBChB student Caitlin Sithole is a MBChB student who is passionate about people and life itself. She has been involved and remains involved in various student leadership structures and aims to help create an environment where students of all walks of life are able to flourish in university. Caitlin strives to be a well-rounded person and actively participates in various sports, cultural and other campus activities. Her favourite quote: "Motho ke motho ka batho babang" - a person is a person because of other people, highlights Caitlin's belief that only when we learn from one another can we truly develop and grow.