Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se standaard- korporatiewe identiteit is in ooreenstemming met Universiteit Stellenbosch se korporatiewe handelsmerkidentiteit. Ons handelsmerkstrategie is gegrond op US se Visie 2040 en sy splinternuwe posisioneringstrategie. Vir hierdie doel word US en FGGW se visuele identiteit en handelsmerkposisioneringstrategie duidelik en doeltreffend geïmplementeer vir ‘n gunstige handelsmerkervaring onder personeellede, studente, bedrywe, akademiese en regeringsvennote asook voornemende studente – plaaslik, kontinentaal (Afrika) en internasionaal.
Die FGGW se hulpmiddels verskaf ‘n inleiding, gebruiksriglyne en toegang tot die belangrikste hulpbronprofielvorms. Besoek die
FGGW se bemarkings- en kommunikasie-inhoudswebwerf om FGGW en US-verwante bemarkingsmateriaal af te laai.
Ondersteuning
Die Fakulteit se Bemarkings- en Kommunikasie-afdeling is beskikbaar indien u leiding nodig het. Ons adviseer studente en personeellede (asook eksterne entiteite wat namens die Universiteit Stellenbosch werk) oor waar en hoe die visuele identiteit gebruik word. Dit sluit in die ontwerp van bemarkingsmateriaal waar die Universiteit Stellenbosch se logo of visuele identiteit vir byvoorbeeld t-hemde, lêers, baniere, korporatiewe geskenke, algemene geleenthede, programme en voorleggings gebruik word.
Kontak Florence de Vries by
florenced@sun.ac.za asseblief voordat u met die ontwerp van enige bemarkingsmateriaal begin.