Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

10 STAP GIDS OM AANSOEK TE DOEN

  1. Besoek www.maties.com

  2. Kliek op "doen aanlyn-aansoek" in die boonste lys van skakels & lees die instruksies.

  3. Kliek op "voorgraadse program".” Kliek "nee" op die 3 vrae en gaan voort.

  4. Registreer as aansoeker & kyk in jou 'inbox' vir 'n e-pos met jou studentenommer, wagwoord en 'n URL-skakel.

  5. Kliek op die URL-skakel en teken in om die aansoek te voltooi.

  6. Kies 'n eerste keuse binne die Fakulteit Gesondheidswetenskappe. Kies dan as ‘n tweede keuse 'n program van 'n ander fakulteit. Voltooi en/of bevestig alle verpligte inligting.

  7. Druk die

    • nie-akademiese merietevorm
    • mediese verslagvorm en besoekvorms (slegs van toepassing op B in Arbeidsterapie, BSc in Dieetkunde, BSc in Fisioterapie en B in Spraak-Taal- en Gehoorterapie-aansoekers)
    • "jou verantwoordelikhede-ooreenkoms" en finaliseer die aansoek.

  8. Faks/e-pos die

    • verantwoordelikhede-ooreenkoms, geteken deur jou en ouer/voog
    • graad 11-finale rapport / Nasionale Senior Sertifikaat (slegs afgestudeerde skoliere)
    • bewys van betaling van aansoekgeld
    • nie-akademiese merietevorm, gestempel deur skoolhoof (moet geen dokumente soos CVs, getuigskrifte en/of sertifikate stuur nie).

  9. Ontvang bevestiging van voltooide aansoek deur sms en e-pos met ‘n nuwe wagwoord wat toegang gee tot www.maties.com waar jy deurlopend die status van jou aansoek kan nagaan.

  10. Gaan na www.nbt.ac.za en registreer om 'National Benchmark Tests'’ (NBTs)/Nasionale Normtoetse (NNT's) te skryf voor einde Julie.​