Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Graduering in absentia

Kandidate wat nie die plegtigheid kan bywoon nie, kan reël dat hulle graad, diploma of sertifikaat in absentia toegeken word deur die voorgeskrewe vorm op Afwesigheid van gradeplegtigheid voor Maandag 13 Maart 2023 in te vul.

Die betrokke gradueringsdokumente sal dan na afloop van al die plegtighede outomaties aan hulle woonadres op die Universiteit se databasis gestuur word. Klik hier vir meer inligting oor die verspreiding van gradueringsdokumente.

Gradueringsdokumente

Graduandi wat nie hul gradeplegtigheid kon bywoon nie, of wat aangedui het dat hulle in absentia gaan gradueer, sal hul gradueringsdokumente soos volg ontvang:

Internasionale aflewerings

U gradueringsdokumente sal deur DHL Courier Services by u deur afgelewer word, mits u huidige woonadres en kontaknommers op die stelsel op datum is.
DHL sal u op die telefoonnommer skakel wat op die stelsel verskyn om u van die aflewering in kennis te stel.

Sorg asseblief dat u woonadres en kontakbesonderhede korrek is op die stelsel. Maak dus seker dat u fisiese woonadres op die stelsel verskyn. Geen dokumentasie met ’n posbusadres sal uitgestuur word nie. U sal verantwoordelik wees om u eie reëlings met mnr. Ricardo Isaacks by ricardo@sun.ac.za te tref om u dokumentasie af te haal of te bekom.

Let daarop dat die Universiteit nie aanspreeklik gehou sal word vir verkeerde besonderhede (adresse en kontaknommers) op die stelsel wat daartoe kan lei dat DHL Courier Services (internasionale aflewerings) dokumente by die verkeerde woonadres aflewer nie, of nie gegradueerdes kan skakel om aflewerings te bevestig weens verkeerde telefoonnommers nie. Dit is belangrik en bly u verantwoordelikheid om u besonderhede teen die sluitingsdatum (Vrydag 10 Maart 2023) by te werk.