Gradueringsdokumente
Gegradueer in Absentia: Verspreiding van gradeplegtigheidsdokumente
Graduandi wat nie hul seremonie kon bywoon nie, of wat aangedui het dat hulle in absentia gaan gradueer, sal hulle gradueringsdokumente soos volg ontvang:
Plaaslik en Internasionaal
U gradueringsdokumente sal aan u uitgereik word via DHL Couries wat die dokumente by u deur sal aflewer, mits u huidige straatadres en kontaknommers op die stelsel opgedateer is.
DHL Couriers sal u kontak met die kontaknommer wat op die stelsel voorsien is om u in kennis te stel van die aflewering.
Sorg asseblief dat u straatadres en kontakbesonderhede korrek is op die stelsel. Let daarop dat geen dokumentasie met posbusadresse sal gevolglik uitgestuur word nie. U sal verantwoordelik wees om u eie reëlings met mnr. Ricardo Isaacks by ricardo@sun.ac.za te tref om u dokumentasie af te haal.
Let daarop dat die Universiteit nie daarvoor verantwoordelik gehou kan word indien foutiewe besonderhede (adresse en kontaknommers) op die stelsel daartoe lei dat DHL Courier Services die gradueringsdokumente by die verkeerde straatadres aflewer of gegradueerdes nie kan kontak om aflewerings te bevestig nie. Dit is belangrik en bly u verantwoordelikheid om u besonderhede voor die sluitingsdatum (Vrydag, 10 Maart 2023) op te dateer.