Toewydingsplegtigheid by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW)

Die FGGW-toewydingseremonie vir voorgraadse MBChB-, Gesondheidswetenskappe-, asook HonsBSc Biokinetika-graduandi vind Maandag 27 Maart 2023 plaas.

Lokaal

JN de Villiers-raadsaal; eerste verdieping, Kliniese gebou, Tygerberg-kampus

Tydgleuf

Aankoms: 11:30
Seremonie: 12:00 tot 13:00
Sluit asseblief by ons aan vir ‘n glas sjampanje na afloop van die seremonie.

RSVP

’n Afsonderlike uitnodiging word aan u gestuur vir RSVP-doeleindes en om die besonderhede van u gaste te verskaf.

Formaat

Seremonie word persoonlik bygewoon

Huur van akademiese drag

Akademiese drag is ’n vereiste vir die toewydingsplegtigheid op 27 Maart 2023. U benodig ook die akademiese drag vir die gradeplegtigheid op 28 Maart.

Vul asseblief die PDF-dokument in en stuur dit direk aan Dippenaar & Reinecke. Die lokaal en tyd vir die afhaal van u toga vir die toewydingsplegtigheid sal op die Tygerberg-kampus wees en sal binnekort bevestig word.

Kontakbesonderhede vir Dippenaar & Reinecke is:
Tel: 012 343 2945/7
E-pos: admin@diprei.com

Fotograwe

’n Amptelike fotograaf word vir die toewydingsplegtigheid gereël. Foto’s sal op die verhoog asook by die ondertekening van die belofteboek geneem word. Let daarop dat fotograwe wat deur gesinne gehuur word, ongelukkig nie geakkommodeer kan word nie. Daar sal ná die seremonie tyd wees vir gesinne en vriende om foto’s te neem.