Uitstaande studiegeld

As jy uitstaande studiegeld het, kan jy steeds jou gradeplegtigheid bywoon, maar die volgende voorwaardes sal geld:

Die koker wat jy by die plegtigheid ontvang, sal nie jou amptelike gradueringsdokumente bevat nie. In plaas daarvan sal dit 'n rekeningstaat vir die uitstaande balans en 'n brief insluit wat betaling versoek.

Om te verseker dat die Universiteit jou gradueringsdokumente vir die Desember 2024-gradeplegtigheid sal kan uitreik, moet die uitstaande balans op jou rekening teen 12:00 op Vrydag 22 November 2024 vereffen word.

As jy deur NSFAS gefinansier word en jou studenterekening nie vereffen is nie, sal jy net jou akademiese rekord ontvang. Die Afdeling Studentegelde sal jou graad terughou totdat NSFAS die rekening vereffen.

Tree gerus die met die Afdeling Studentegelde in verbinding by 021 808 4521/4913 of studentaccounts@sun.ac.za om die nodige reëlings te tref.

Klik HIER vir meer inligting oor studentegelde.

Kontakinligting
Kontak die Kliëntedienssentrum by 021 808 9111 of stuur ’n e-pos aan info@sun.ac.za vir hulp of verdere inligting.