MAART 2023 GRADEPLEGTIGHEDE

ALGEMENE VRAE

Dit is ongelukkig nie moontlik nie. Weens die regulasies en verslagdoeningsvereistes van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding kan ons slegs uitstel van Desember tot Maart die daaropvolgende jaar toelaat.

Jou akademiese dokumente sal met DHL koerierdienste na jou gestuur word en hulle sal dit by jou deur aflewer, mits jou huidige woonadres en kontaknommer korrek opgedateer is op die stelsel. DHL sal jou kontak op die kontaknommer wat tans op die stelsel verskyn om jou in kennis te stel van die verwagte aflewering. Maak asseblief seker dat jou huidige woonadres en kontaknommer op ons stelsel korrek is. Let ook daarop dat DHL koerierdienste nie by posbusadresse aflewer nie. Indien daar dus ’n posbusadres op die stelsel vir jou verskyn, moet jy seker maak dat jy ’n woonadres verskaf.

*Neem asseblief kennis dat die Universiteit nie aanspreeklik gehou kan word vir verkeerde inligting (adresse en kontaknommers) op die stelsel nie wat tot gevolg kan hê dat DHL koerierdienste dokumentasie by verkeerde straatadresse gaan aflewer of omdat hulle jou nie kon kontak om jou aflewering te bevestig weens verkeerde of ou kontaknommers op die stelsel nie. Dit is belangrik en bly jou verantwoordelik om te sorg dat jy jou eie besonderhede op die stelsel opdateer teen die sluitingsdatum aangedui hieronder (Vrydag 10 Maart 2023 om 12:00).

Voorgraads: my.sun.ac.za > Administrasie > Adres en kontakinligting (Klikhier)
Nagraads: my.sun.ac.za > Admin en Ondersteuning > Adres en kontakinligting (Klik hier)

Verander of hersien jou besonderhede op die stelsel teen Vrydag, 10 Maart 2023 om 12:00

Gradueringsdokumente van alle gegradueerders wat plaaslik woon (binne Suid-Afrikaanse grense) sal via DHL koerierdienste vanaf Maandag, 17 April 2023 uitgestuur word. Die verwagte aflewering van graadsertifikate is ’n binne ’n maksimum van 2-4 werksdae vir plaaslike aflewerings en bietjie langer vir afgeleë gebiede. Graduandi word versoek om die versending met die opsporingsnommer na te gaan wat per SMS na hul selfone gestuur is.

Graduandi moet voorts verseker dat hul selfoonnommer op die stelsel bygewerk is om die opsporingsnommer per SMS op hul selfoon te kan ontvang.

Vir Internasionale aflewerings: Jou akademiese dokumente sal met DHL koerierdienste na jou gestuur word en hulle sal dit by jou deur aflewer vanaf Maandag, 17 April 2023, mits jou huidige woonadres en kontaknommer korrek is op die stelsel. DHL sal jou kontak op die kontaknommer wat tans op die stelsel verskyn om jou in kennis te stel van die verwagte aflewering. Maak asseblief seker dat jou huidige woonadres en kontaknommer op ons stelsel korrek is. Let ook daarop dat DHL koerierdienste nie by posbusadresse aflewer nie. Indien daar dus ’n posbusadres vir jou op die stelsel verskyn, moet jy seker maak dat jy ’nwoonadres verskaf. Dit neem ongeveer 5 tot 7 werksdae vir aflewering afhangende van waar jy woon. Dit is belangrik om daarop te let dat die Poskantoor jou dokumente net vir 10 dae sal hou. Daarna sal jou dokumente aan US teruggestuur word waar jy die nodige reëlings sal moet tref om jou dokumente af te haal.

*Neem asseblief kennis dat die Universiteit nie aanspreeklik gehou kan word vir verkeerde inligting (adresse en kontaknommers) op die stelsel wat tot gevolg kan hê dat DHL koerierdienste dokumentasie by verkeerde woonadresse aflewer nie of omdat hulle jou nie kon kontak om jou aflewering te bevestig weens verkeerde of ou kontaknommers op die stelsel nie. Dit is belangrik en bly jou verantwoordelikheid om te sorg dat jy jou eie besonderhede op die stelsel opdateer teen die sluitingsdatum aangedui hieronder (Vrydag 10 Maart 2023 om 12:00).

DHL (plaaslike en internasionale aflewerings)

Gebruik jou geleibriefnommer (opsporingsnommer) wat jy per SMS sal ontvang om jou pakkie deur die DHL-webblad, https://www.dhl.com/za-en/home/tracking.html, na te spoor

Gebruik asseblief jou opsporingsnommer as ’n verwysing.

Indien jy nie ’n opsporingsnommer ontvang het nie omdat jy nagelaat het om jou kontaknommer op die stelsel te verander, kontak asseblief die SU Kliëntedienssentrum by +27 21 808 9111 om jou opsporingsnommer te versoek sodat jy sélf kan.

Die dokumente van graduati met uitstaande studiegeld sal deur Studenterekeninge teruggehou word.

Kontak asseblief mev Rene Stockigt by rstockigt@sun.ac.za indien jy jou studenterekening op of ná die Maart 2023-gradeplegtigheid vereffen het.

Kandidate wat deur NSFAS gefinansier word en wie se studenterekeninge nie vereffen is nie, sal slegs hul akademiese rekord ontvang. Die Afdeling Studentegelde sal in besit wees van die graad totdat NSFAS die rekening vereffen.

Reëlings om jou graaddokumente af te haal, moet vooraf met mev Stockigt by Studenterekeninge getref word. Geen student sal sonder voorafbevestiging toegang verkry nie. Rig asseblief verdere opvolgversoeke aan studentaccounts@sun.ac.za.

Gebruik asseblief die volgende skakel om aansoek te doen om self af te haal:

Die vorm is beskikbaar by my.sun>>Studies>>Afwesigheid van gradeplegtigheid..

Die sluitingsdatum vir versoeke om self af te haal is Maandag, 13 Maart 2023 om 12:00. Geen verdere versoeke kan na hierdie afsnydatum aanvaar word nie, want die dokumente sal reeds word en sal vanaf Maandag 3 April 2023 tussen 08:00 en 16:00 op weeksdae afgehaal kan word by die Inligtingstoonbank in Admin A.

Studente wat reeds ’n voorafreëling getref het om hulle dokumente self te kom haal, kan dit vanaf Maandag 3 April 2023 vanaf 08:00 – 16:00 op weeksdae kom afhaal.

Studente wat ’n voorafreëling getref het om self hulle dokumente te kom haal, kan hul graadsertifikate by die Inligtingstoonbank by Admin A kom afhaal.

Graduandi met uitstaande skuld

In die geval van vereffening van studenterekeninge, kontak mev Stockigt van Studenterekeninge by rstockigt@sun.ac.za.

Volg die stappe hieronder:

  • Toon die e-pos waarin jou afspraak bevestig word as bewys om toegang tot die gebou te verkry.
  • Slegs een persoon sal in die gebou toegelaat word om die dokumente te kom afhaal. Geen vriende of familie sal saam met jou ingelaat word nie.

Om self jou dokumente te kom haal, sal jy vir ’n identiteitsbewys met ’n duidelik sigbare foto sowel as jou studentenommer gevra word. Indien iemand jou dokumente namens jou kom haal, moet daardie persoon ’n bevestigingsbrief toon waarin toestemming verleen word en wat alle tersaaklike identifikasiebesonderhede, jou kontaknommer en die afhaaldatum moet insluit. Maak seker dat die brief onderteken is.

Graduandi en studente wat dringend afskrifte van hul akademiese dokumente benodig, kan ʼn versoek na records@sun.ac.za stuur om ʼn elektroniese afskrif van hul akademiese dokumente te ontvang. Spesifiseer asseblief jou behoefte in die onderwerpreël (asook jou studentenommer) deur een of albei van die onderstaande aan te dui:

  • Akademiese rekord en/of
  • Graadsertifikaat

Betaalopsies:

Ten einde te verseker dat die persoon wat bostaande dokumente versoek, inderdaad die betrokke student is, moet alle aansoeke om dokumente soos volg gedoen word:

1. Studente tans by die US geregistreer

a. Gaan na my.sun.ac.za en klik op “Administration” en kies dan “Certificates and Records”.

b. Teken aan deur jou studentenommer en wagwoord in te tik.

c. Kies ’n betaalmetode. As jy enige ander betaalmetode buiten ’n kredietkaart kies, moet jy bewys van betaling per e-pos na records@sun.ac.za stuur voordat die dokumente uitgereik sal word.

d. Jy kan ook by die kassiere in Admin A betaal en die dokumente by die Navraagtoonbank ontvang.

2. Alumni

a. Alle alumni moet ’n e-pos stuur na alumni@sun.ac.za met hul studentenommer, volle naam, van en geboortedatum om ’n aantekennaam en wagwoord vir die webtuiste te versoek.

b. Wanneer jy jou aantekennaam ontvang het, gaan na die webtuiste, klik op die kieslys getiteld “Request Documentation” en dien jou navraag in.

c. As jy enige ander betaalmetode buiten ’n kredietkaart kies, moet jy bewys van betaling per e-pos na records@sun.ac.za stuur voordat die dokumente uitgereik sal word.

Alumni word aangeraai om hul wagwoord direk ná ontvangs daarvan te verander deur hier te klik.

Die koste verbonde aan die uitreiking van jou akademiese dokumente is:

  • Graadsertifikaat: R95 elk
  • Akademiese rekord (een afskrif dek alle jare en grade): R70 elk

Ja, jou SUN-kaart en rekenaaraantekening verval op 31 Maart 2023. Kopieer al jou data vanaf die H-skyf en eenskyf na ’n eksterne HDD of ander wolk-stoorplek. Stoor data of stuur jou e-posse na ’n persoonlike e-posadres. Klik hier vir meer inligting.