Administratiewe Prosedures vir Graduandi
Kontroleer asseblief die volgende op jou studenteprofiel:
- Dat jou volle naam en van korrek gespel is.
- Dat jou volle naam en van, soos op jou ID-dokument, op jou profiel verskyn (jou toewydings- en graadsertifikate vereis jou volle naam en van).
- Vir enige regstellings, stuur asseblief ’n e-pos aan:
Stellenbosch-kampus: info@sun.ac.za
Tygerberg-kampus: Me Vanessa Joseph (vbj@sun.ac.za)
Heg ’n afskrif van jou ID aan indien jou naam of van verkeerd gespel was en/of ’n afskrif van jou huweliksertifikaat indien jou nooiensvan na jou getroude van verander moet word. - Die sperdatum vir regstellings is Vrydag, 10 Maart 2023.
Neem asseblief kennis dat die US nie verantwoordelikheid sal aanvaar vir enige name, van(ne) en/of posadresse wat nie korrek op die stelsel is nie. ’n Addisionele fooi kan gehef word indien gradueringsdokumente wat verkeerd uitgereik is weens foutiewe besonderhede op die stelsel heruitgereik moet word.
Gegradueerdes word vriendelik daaraan herinner om hul onderskeie persoonlike besonderhede, pos- en kontakinligting teen Vrydag, 10 Maart 2023 op te dateer.