Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

GEREELDE VRAE

FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE TOEWYDINGSEREMONIESEREMONIE

Die Toewydingseremonie word deur die fakulteit gereël en is ‘n geleentheid waar alle nuwe graduandi die interprofessionele Onderneming deur Professionele Gesondheidswerkers kan neem.

Dit is ‘n onderneming wat in die openbaar gemaak word om die waardes van die fakulteit en die gesondheidsberoep te handhaaf. Hierdie is een van die belangrikste ondernemings wat gemaak word deur ‘n individu wat ‘n gesondheidsberoep betree. Graduandi se deelname aan hierdie seremonie stel hul in staat om ‘n onderneming te maak om ‘n gesondheidswerker te wees wat mense respekteer, vir hulself omgee en ander met waardigheid, integriteit en deernis behandel.

Graduandi word genooi om op te staan en die onderneming saam met ‘n senior gesondheidswerker te lees, waarna die fakulteit se toewydingsboek geteken word.

Die toewydingsboek bly in die bewaring van die fakulteit.

Alle graduandi ontvang ‘n afskrif van die onderneming in die drie amptelike tale van hierdie provinsie naamlik Engels, Afrikaans en isiXhosa, wat hul welkom is om daarna te onderteken.

Gruaduandi wat kwalifiseer vir graadtoekenning in die voorgraadse Verpleging-, MBChB- en Gesondheidswetenskappe programme, sowel as graduandi van die HonsBSc in Biokinetika-program, kan die Onderneming deur Professionele Gesondheidswerkers neem.

Graduandi soos gelys hierbo, asook hul gaste.

Daar is twee seremonies. Die Desember Toewydingseremonie is vir graduandi wat kwalifiseer vir die Desember gradeplegtigheid en die Maart/April Toewydingseremonie is vir graduandi wat kwalifiseer vir die Maart/April gradeplegtigheid.

Die Toewydingseremonie word gehou op die dag voor die FGGW se gradeplegtighede.

Die Desember Toewydingseremonie word gehou in die Tygerberg Studentesentrum (TSS), Tygerbergkampus.

Die Maart Toewydingseremonie word gehou in die JN De Villiers Raadsaal, Kliniese Gebou, Tygerbergkampus.

Vir die Toewydingseremonie word slegs ‘n toga benodig.

Vir die Gradeplegtigheid in die Coetzenburgsentrum, word ‘n toga en ‘n band benodig.

Graduandi moet direk met Dippenaar & Reinecke skakel vir die huur van akademiese drag by telefoon 012 343 2945/7 of e-pos admin@diprei.com.

Dippenaar & Reinecke sal beskikbaar wees op Tygerbergkampus vir die afhaal van akademiese drag (die lokaal sal bevestig word in die amptelike kommunikasie aan graduandi in aanloop tot die Toewydingseremonie).

Die inhandiging van akademiese drag vind plaas by Dippenaar & Reinecke op Coetzenburg, na afloop van die gradeplegtigheid.

Amptelike kommunikasie sal per e-pos gestuur word aan graduandi vanaf Oktober, vir die Desember Toewydingseremonie en vanaf middel Februarie vir die Maart Toewydingseremonie.

Jy kan die inligting ook besigtig op die Universiteit Stellenbosch se amptelike gradeplegtigheid webwerf deur hier te klik.

’n RSVP-skakel sal beskikbaar gemaak word op die amptelike seremonieuitnodiging.

Vir die Desember Toewydingseremonie kan graduandi twee gaste nooi om die seremonie in die Tygerberg Studentesentrum, waar die seremonie plaasvind, by te woon.

Jy is welkom om addisionele gaste te nooi wat die seremonie in die oorloop-lokaal kan volg regstreeks.

Vir die Maart Toewydingseremonie kan graduandi vier gaste nooi na die JN De Villiers Raadsaal. Hierdie is ’n in-persoon seremonie.

Vir die Desember Toewydingseremonie, sal twee kaartjies as ‘n Quicket-skakel aan jou gestuur word in ‘n e-pos in die aanloop tot die seremonie.

Die kaartjies is vir jou gaste vir bywoning in die TSS. Gaste wat die seremonie in die oorloop-lokaal volg, benodig nie kaartjies nie.

Vir die Maart Toewydingseremonie word geen kaartjies uitgereik aan gaste nie.

Stel ons asseblief so gou as moontlik in kennis indien jy die seremonie nie meer kan bywoon nie. Stuur ‘n e-pos aan tygstudentadmin@sun.ac.za.

Ja, Jou Toewydingsertifikaat kan per e-pos vir jou gestuur word. Stuur ‘n versoek na tygstudentadmin@sun.ac.za.

Jou naam wat op die Toewydingsertifikaat, asook die Gradeplegtigheidsertifikaat verskyn, word verkry vanaf die Universiteit Stellenbosch se Studente-inligtingstelsel.

As jou naam verkeerd gespel is op jou studenteprofiel, sal dit verkeerd gedruk word op die Toewyding- asook die Gradeplegtigheidsertifikaat.

Dit is elke graduandus se verantwoordelikheid om seker te maak dat jou naam korrek gespel is op die Universiteit se stelsel. Indien jy ‘n regstelling op jou persoonlike besonderhede benodig, stuur ‘n epos aan vbj@sun.ac.za.

Versoeke vir regstellings moet ons 2 weke voor die Toewydingseremonie en Gradeplegtigheid bereik.

Foto’s word met die oorhandiging van die koker, sowel as die ondertekening van die Toewydingsboek, deur die amptelike fotograwe van die Universiteit, Stellenbosch-sentrum vir Fotografiese Dienste (SCPS), geneem.

Na die seremonie word ’n bestelvorm aan graduandi gestuur. Kliek hier vir SCPS se besonderhede.

Ongelukkig sal fotograwe wat deur families gehuur is, nie tydens die seremonie geakkommodeer kan word nie. Daar sal na die seremonie geleentheid wees vir familie en vriende om foto’s by die Toewydingsboek te neem.