Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sentrum vir Gesondheidsberoepsonderwys

Die Sentrum vir Gesondheidsberoepsonderwys wil die akademieskap van onderrig en leer in die gesondheidswetenskappe aanmoedig en bevorder.

Die Eenheid vir Navorsing oor Gesondheidsberoepsonderwys is in 2012 in die Sentrum gestig om diepgaande en hoëvlak- samewerkende navorsing oor mediese en verwante onderwys te bewerkstellig. 

Die FGGW ondersteun sy onderrigpersoneel deur 'n aantal projekte en inisiatiewe, onder meer spesiale werksessies en kortkursusse, 'n MPhil en PhD in Gesondheidsberoepsonderwys, 'n voordoktorale Akademie, PhD-steungroepe en deelname aan verskeie aktiwiteite van die Sentrum vir Onderrig en Leer.

Op grond van ons werk oor tussenberoepsonderwys en leierskap in gesondheid, het die Wêreldwye Forum oor Gesondheidsberoepsonderwys van die Amerikaanse Mediese Instituut aan ons internasionale medewerkerstatus toegeken. Die ontwikkeling van ons landelike platform bied uitstekende geleenthede vir tussenberoepsonderwys, -samewerking en -praktyk, wat op sy beurt tot interafhanklikheid in leer lei.