Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Toelating tot programme op die Tygerbergkampus

 

Toegang tot voorgraadse programme in die geneeskunde en gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch is onderworpe aan ’n gestruktureerde keuringsproses. Studentegetalle in die Gesondheidswetenskappe word beperk deur regulasies van die Raad vir Gesondheidsberoepe; die gesondheidsdienste en die universiteit se beskikbare infrastruktuur en begroting; asook die hoë eise van die programme, wat gewoonlik net suksesvol deurloop word deur kandidate wat bogemiddeld op skool presteer het. 


Kyk Aansoek en keuring vir instruksies oor hoe om aansoek om toelating te doen.

Kyk by die programme vir hulle toelatingsvereistes.