Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Begeleidingsdiens tussen Kampus, Hospitaal en Kerkenberg

​Begeleidingsdiens tussen Kampus, Hospitaal en Kerkenberg


Die volgende begeleidingsdiens is beskikbaar tussen 18:00 en 24:00:

  • Sekuriteitswag van Tygerberg-hospitaal sal die westelike deurgang tussen die Hospitaal en Fakulteit patrolleer.
  • Sekuriteitswag van Tygerberg-hospitaal sal studente of personeel
    tussen die hospitaal (Ingang 1) en die Tygerberg Studentesentrum-draaihek of Kerkenberghek vergesel.
  • Universiteit Stellenbosch Kampussekuriteit (USKS) sal studente of personeel op versoek tot by die Tygerberg Studentesentrum draaihek vergesel waarna die sekuriteitswag van Tygerberg-hospitaal sal oorneem en die student of personeellid sal begelei na Ingang 1.
Skakel die volgende telefoonnommers vir begeleiding:

  • Tygerberg-hospitaal Sekuriteit vir begeleiding op Hospitaalperseel
    Tel: 021 938 5088/5165 (5088 of 5165 binne hospitaal)
  • US Kampussekuriteit vir begeleiding op US-kampus.
    Tel: 021938 9507/8
Vertoon asb. u personeel- of studentekaart ten alle tye. Die reëling geld vir Tygerberg-hospitaal sowel as die US-kampus.