Uitstaande studiegeld

Kandidate met uitstaande studiegeld is onderworpe aan die volgende:

Die koker wat die kandidaat by die plegtigheid ontvang, sal nie die amptelike gradueringsdokumente bevat nie, maar ’n rekening vir die uitstaande bedrag en ’n brief wat versoek dat dit betaal word.

Om die Universiteit in staat te stel om kandidate se gradueringsdokumente by die Desember-plegtighede uit te reik, moet kandidate die uitstaande bedrag teen 12:00 op Vrydag 24 November 2023 betaal.

Kandidate wat deur NSFAS gefinansier word en wie se studenterekeninge nie vereffen is nie, sal slegs hul akademiese rekord ontvang. Die Afdeling vir Studentegelde sal in besit van die graad bly totdat NSFAS die rekening vereffen het.

Kontak gerus die Afdeling Studentegeld by 021 808 4521/4913 of studentaccounts@sun.ac.za om reëlings te tref.

Klik HIER vir meer inligting oor studentegelde.

Kontakinligting
Kontak die Kliëntedienssentrum by 021 808 9111 of stuur ’n e-pos aan info@sun.ac.za vir hulp of verdere inligting.