RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsingsontwikkeling en -steun

Gesondheidsnavorsingsetiek

Vorms & instruksies: Vorderingsverslag

Vorderingsverslag: Kliniese toetse
» Vorderingsverslag: Mense- en studentenavorsing


Vorderingsverslag: Ingevolge die GNEK se standaardbedryfsprosedures (SBP's) en die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid se gesondheidsnavorsingsetiekriglyne, moet die GNEK alle goedgekeurde voortgesette navorsingsprojekte ten minste jaarliks beoordeel. Navorsers moet ten minste twee maande voor die huidige GNEK-goedkeuring verval vir elke projek ʼn vorderingsverslag indien. Indien die vereiste inligting nie teen die sperdatum ontvang word nie, kan die aansoek moontlik nie betyds beoordeel en hergoedgekeur word nie, wat lei tot nienakoming van GNEK se SBP's en opskorting van die studie totdat die protokol hersertifiseer is.