Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voornemende Nagraadse Studente

​​​​​​​​​​​​​​​​​​
Die FGGW se visie is om gesondheid en gelykheid in Suid-Afrika en elders te bevorder. Die Fakulteit se missie is om ʼn kultuur van voortgesette leer te skep en te handhaaf; by te dra tot die ontdekking, deel en oordrag van kennis wat gesondheid en ontwikkeling sal bevorder; en deur deelname die breë gemeenskap van diens te wees.


Die FGGW bied ʼn aantal uitstekende akademiese opleidingsprogramme. Die programme word deur navorsing van die hoogste gehalte gerugsteun, en deur goed geïntegreerde gehalteversekerings- en administratiewe strukture en prosesse onderstut. Die programaanbod voorsien in die behoeftes van ʼn wye verskeidenheid vakrigtings op gesondheidsgebied.


Die FGGW het oor dekades van toegewyde en volgehoue werk ʼn uitstekende navorsingsreputasie opgebou. Die Fakulteit doen sy naam gestand as ʼn toonaangewende navorsingsryke omgewing, nie net deur nasionale en plaaslike vennootskappe nie, maar ook deur omvattende internasionale medewerking. Die navorsingsagenda, wat op strategiese fokusgebiede berus, verseker dat navorsingsbedrywighede die ernstige gesondheidsuitdagings plaaslik en in Afrika die hoof bied. 

Fakulteitsadministrasie

Tygerberg ​​Doktorale Kantoor


Klik hier​ vir meer inligting oor die Tygerberg Doktorale Kantoor.