Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

E-leer

E-leer en die gebruik van tegnologie om leer te fasiliteer

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe plaas sterk klem op die gebruik van moderne tegnologie om leer te fasiliteer en neem die voortou by die implementering van sekere opvoedkundige tegnologie. Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe het ook die Eenheid vir Leertegnologie gestig om die gebruik van tegnologie vir leer en onderrig verder te bevorder.  Die Eenheid vir Leertegnologie kan help met pedagogiese metodes vir die gebruik van tegnologie in onderrig.

Kliek hier vir meer inligting oor die Eenheid vir Leertegnologie.