Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

FGGW Ithemba-beursfonds

​​​​​​​​​​​​​​​

 

Sosio-ekonomiese ongelykheid, een van die grootste uitdagings vir Suid-Afrika, is onlangs in die kollig geplaas deur studente-optrede regoor die land. As deel van ons volgehoue strewe om die waardes en visie van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) te verwesenlik, bevorder ons aktief toegang tot onderrig van hoë gehalte en werk ons hard om studentesukses te verseker. Só lei ons vaardige gesondheidswerkers op wat op hulle beurt weer ander se lewens help verbeter en bydra tot ʼn beter samelewing.

Die FGGW-beursfonds is in 2015 geskep. Die Tygerberg-kampusgemeenskap, wat uit personeel, studente, alumni, vennote in die bedryf and vriende bestaan, het ʼn grootste poging aangewend om die fonds te ondersteun.

Die beursfonds is intussen herdoop na die FGGW Ithemba-beursfonds. Hoewel die woord 'ithemba' in Zulu en Xhosa verskeie betekenisse het, fokus ons op die betekenisse 'hoop,' 'vertroue,' 'geloof' en 'verwagting' wat die woord verteenwoordig. Die fonds sal onontbeerlike finansiële steun bied aan studente wat nie kwalifiseer vir befondsing deur befondsingstrukture bestuur deur die Universiteit, regering of privaat entiteite nie. Ithemba is ook sinoniem met die HOOP Projek van wyle prof H Russel Botman, ons voormalige Rektor, en is ʼn gepaste naam om sy nalatenskap te bevorder en hoop aan studente te gee wat andersins nie in staat sou wees om hul studies aan die Fakulteit voort te sit nie.​

Maak nog vandag ‘n skenking deur jou betaalwyse van voorkeur:

 

  1. Skenkers in SA, VK en VSA sal die belastingvoordele vir hulle skenkings in lyn met die wetgewing vir daardie land ontvang.
  2. Gebruik asb. H755 met jou naam en van as verwysing.
  3. Voltooi asb. die skenkingsvorm vir skenkings deur middel van debietorder en tjekbetalings.
  4. Voltooi asb. die skenkingsvorm en pos, e-pos of faks terug aan die Universiteit Stellenbosch vir verwysingsdoeleindes:
    Ontwikkeling & Alumni-betrekkinge, Privaatsak X1, Matieland 7602 – Faks: 086 547 7103 - 
    E-pos: ncapsana@sun.ac.za.

  

Snapscan

 

(eenmalige skenking)

SnapScan Code - SU FMHS.PNG 

Korporatief
Suid-Afrika


Deur ondersteuning te bied aan studente en projekte by die FGGW, kan maatskappye hul korporatiewe maatskaplike beleggings nakom en ook baat vind by die belasting- en BBBEE-voordele wat dit bied. Kontak Candice Egan by eganc@sun.ac.za of +27 021 808 2711 vir meer inligting.

Tjek

 

cheque60.png 

Personeelskenking via salaris

 

Stuur aan ncapsana@sun.ac.za​ ‘n e-pos met jou US-nommer, maandelikse skenkingsbedrag en die tydsduur (bv. US Nr 21 007 007, R200 vir 24 maande).


user60.png