Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

JOU GIDS TOT COVID-19-INENTING​​​

       COVID-19: Vrae oor Inenting

​​​

​​​​​ ​​​​

Algemene vrae en onsekerhede

COVID-19 is 'n aansteeklike siekte wat ernstige en moontlik lewensbedreigende implikasies kan inhou. Selfs in gevalle waar individue self nie erge simptome ervaar het nie, is dit steeds moontlik vir hulle om COVID-19 aan ander mense oor te dra. Terwyl voorkomende optrede, soos die dra van maskers en die beperking van sosiale kontak, alles help om die verspreiding van die virus te beperk, is inenting steeds die beste manier om jouself en die mense om jou te beskerm.

Nee, jy kan nie COVID-19 van die entstof kry nie. Geen van die COVID-19-entstowwe wat gebruik word bevat lewende virusse nie. Die simptome wat moontlik na die inenting kan voorkom, is deel van jou liggaam se normale immuunrespons. Die entstof wat jy ontvang het, sal na 'n paar dae op 'n natuurlike wyse disintegreer nadat dit die immuunrespons ontlok het.

Die sterftesyfer as gevolg van COVID-19 is veel hoër as wat ons sien in die geval van seisoenale griep. As gevolg van die gevaar wat hierdie siekte inhou, help inenting om jou en diegene wat jy liefhet te beskerm.

“Tropimmuniteit” word teweeggebring wanneer 'n beduidende deel van die bevolking teen 'n siekte ingeënt is, om sodoende die verdere verspreiding van daardie siekte te beperk. Deur ingeënt te word, dra elke persoon by tot die “trop” se immuniteit, en help hulle ook om weerlose lede van die bevolking te beskerm wat nie self ingeënt kan word nie.

Soos met enige entstof wat aan die breë publiek beskikbaar gestel word, moet COVID-19-entstowwe eers deur 'n reeks streng toetse gaan. Hierdie toetse sluit maatstawwe in wat ontwerp is om die effektiwiteit, die veiligheid, en die kwaliteit van die entstowwe te toets.

Gevolglik word alle inentings, wat vir gebruik goedgekeur is, as beide veilig en effektief beskou deur gesondheidskenners en organisasies soos die Amerikaanse Centers for Disease Control and Prevention (CDC) en die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO).

Daar is rare, ernstige newe-effekte wat met hierdie inentings geassosieer word, maar die risiko hiervan is min of meer dieselfde, of selfs meer seldsaam, as in die geval van die meeste ander behandelings of medikasies. Waaroor mense wel saamstem is dat die voordele van hierdie inentings veel groter is as die risiko’s.

Nee. mRNA wysig nie DNA nie. Die term “mRNA” beteken “messenger ribonucleic acid”, oftewel boodskapper-ribonukleiensure. As deel van inentings, verskaf dit jou liggaam se selle met instruksies oor hoe om sekere proteïenes te vervaardig, wat deel van die virus is wat COVID-19 veroorsaak.

Jou immuunstelsel herken hierdie proteïenes as iets ongewoons, en jou liggaam ontwikkel dan 'n immuunrespons op dieselfde manier as wat jy sou indien jy aan die COVID-19-virus blootgestel word. Dit beteken dat jou liggaam reeds weet hoe om te reageer op die virus indien jy later geïnfekteer word. Dit sal vinnig kan reageer en gevolglik die virus baie meer effektief beveg. Soos voorheen gemeld, kan hierdie proteïenes nie op sigself die COVID-19-siekte veroorsaak nie.

Die standaardproses vir die ontwikkeling van entstowwe behels gewoonlik drie fases van kliniese proewe in mense voordat hulle wyd beskikbaar gestel word. Onder normale omstandighede kan hierdie stel proewe dalk vertraag word deur verskeie faktore, soos onvoldoende befondsing, vertragings met die goedkeuring deur gesondheids- en veiligheidsowerhede, 'n gebrek aan mense wat aan die proewe wil deelneem, of as gevolg van ander bykomende faktore.

Omrede die verwoestende impak van COVID-19, asook die siekte se status as 'n globale pandemie, kon baie van hierdie struikelblokke oorkom word. Die virus se genetiese materiaal is vroeg in die jaar 2020 aan wetenskaplikes dwarsoor die wêreld beskikbaar gestel sodat hulle kon begin om entstowwe te ontwikkel. Omdat befondsing onmiddellik beskikbaar was, en daar baie vrywilligers was wat aan die proewe wou deelneem, kon maatskappye vinniger as gewoonlik die entstowwe ontwikkel, terwyl hulle steeds al die nodige veiligheidsmaatreëls en toetsstadiums gevolg het.

Sommige vorige epidemies is ook deur koronavirusse veroorsaak (soos byvoorbeeld SARS en MERS). Entstowwe is destyds teen hierdie siektes ontwikkel en wetenskaplikes kon voortbou op hierdie vorige pogings. Omdat die COVID-19-siekte vinnig en in groot getalle ontwikkel het, was dit moontlik om vinnig te sien of die entstowwe effektief was, of nie.

Party mense sal geen newe-effekte hoegenaamd ervaar van die entstowwe nie. In die meeste gevalle, waar newe-effekte ervaar word, sal hulle matig wees.

Sommige algemene newe-effekte sluit die volgende in:

  • Pyn, rooi verkleuring en /of swelsel waar die inenting toegedien is
  • Spierpyn
  • Koue rillings of koors
  • Naarheid
  • Hoofpyne
  • Moegheid

Hierdie newe-effekte neem gewoonlik 'n aanvang omtrent ses uur na die inenting plaasgevind het, en verdwyn gewoonlik binne twee of drie dae. Vir verligting van hierdie newe-effekte, kan jy parasetamol of anti-inflammatoriese medikasie neem.

Let daarop dat, indien jy enige van die volgende simptome ontwikkel, jy moontlik COVID-19 onder lede kan hê (dit het niks met die inenting te make nie): 'n hoes, 'n seer keel, 'n verandering in jou proe- of reuksintuig, of as jy 'n koors het van 38 grade Celsius of hoër. Jy moet getoets word, en moet self-isoleer vir 10 dae as jy met COVID-19 gediagnoseer word.

In sommige baie rare gevalle, kan individue meer ernstige newe-effekte soos anafilaksis ('n ernstige allergiese reaksie) of TTS (‘thrombosis with thrombocytopenia syndrome’) ontwikkel. Gevalle van TTS het voorgekom in slegs sewe uit elke miljoen mense wat die entstof ontvang het. Ernstige allergiese reaksies het voorgekom in tussen twee en 11 mense per miljoen mense wat ingeënt is.

Terwyl hierdie newe-effekte skrikwekkend klink, is dit belangrik om te onthou dat, in die meerderheid van gevalle inenting nie alleen veilig nie is nie, maar ook beduidend effektief. Inenting verminder die infeksiekoers en beskerm individue en hele bevolkings van die gevaarlike en potensiële langtermyn-effekte van die COVID-19-virus. Die waarskynlikheid dat bloedklonte kan voorkom na blootstelling aan die COVID-19-virus self is steeds 30-100 keer hoër as die voorkoms van TTS.

Die voordele van inenting is veel, veel hoër as die risiko's daaraan verbonde wanneer iemand die COVID-19-infeksie opdoen

In die geval van 'n anafilaktiese reaksie ('n ernstige allergiese reaksie), sal simptome gewoonlik binne 15 minute na die toediening van die entstof voorkom, en kan dan behandel word deur die mediese personeel by die inentingsfasiliteit. In die meer rare geval van TTS, sal simptome binne drie weke na die inenting voorkom. Dit kan abdominale pyn, bloedkolletjies by die punt van die toediening, swelsel in die bene, en 'n erge, aanhoudende hoofpyn insluit.

Indien jy enige van hierdie simptome ervaar, kontak asseblief jou gesondheidsdiensverskaffer so gou as moontlik en lig hulle in dat jy onlangs ingeënt is. Jou gesondheidsdiensverskaffer sal spesialiste kan kontak wat ondersteuning sal kan bied, indien nodig.

Jy kan steeds ingeënt word. Geen van die COVID-19-entstowwe bevat eiers of enige ander dierprodukte nie.

In Suid-Afrika is dit steeds verpligtend om 'n masker te dra terwyl die inentingsveldtog aan die gang is. Dit is steeds belangrik om te voldoen aan die ander maatreëls, soos om groot groepe mense te vermy, om sosiale afstand te handhaaf, en jou hande te was, selfs al is jy ingeënt.

Jy moet steeds ingeënt word, selfs al het jy reeds herstel van COVID-19.

Tans is dit onbekend hoe lank natuurlike immuniteit (die immuniteit wat jy verwerf wanneer jou liggaam die siekte oorwin) hou na jy herstel het. In rare gevalle, kan individue wat voorheen COVID-19 gehad het, weer die siekte opdoen. As jy die inenting ontvang, sal dit jou liggaam se immuunrespons teenoor die virus verhoog, en die kanse verlaag dat jy 'n herinfeksie kan opdoen.

Tans sal jy drie maande moet wag vanaf die aanvang van jou COVID-19-simptome voor jy jou inenting ontvang. Maar maak dubbeld seker van hierdie vereiste by jou inentingsfasiliteit, aangesien dit van tyd tot tyd kan verander.

Ja, hulle is. Geen van die beskikbare COVID-19-entstowwe bevat dierprodukte nie.

As jy tans COVID-19 het, behoort jy drie maande te wag na die aanvang van jou simptome voor jy ingeënt kan word. Voorts, as jy op die oomblik in kwarantyn is, of self-isoleer na jy in kontak gekom het met iemand wat COVID-19 het, maar jy nie self daarmee gediagnoseer is nie, behoort jy te wag totdat jou kwarantyn/periode van self-isolering verby is voor jy ingeënt word.

Aangesien inenting op 'n groot skaal eers onlangs geïmplementeer is, word data oor die langtermynbeskerming wat die COVID-19-entstowwe bied, steeds ingewin. Ten spyte hiervan, bly inenting steeds 'n veiliger keuse as om die risiko daarvan te neem om COVID-19 op te doen, of te versprei.

Bespreek dit gerus met jou huisdokter, maar let daarop dat die owerhede die COVID-19-inenting vir alle volwassenes aanbeveel, selfs diegene met onderliggende mediese toestande. Die COVID-19-siekte self hou gewoonlik veel groter gevare in as die entstof vir mense met onderliggende siektes.

Inenting vir swanger vroue

Aanvanklike data oor die veiligheid van COVID-19-inentings tydens swangerskap is gerusstellend, en tot dusver was daar geen spesiale redes tot kommer wat uitgespreek is nie. Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleringsowerheid (SAHPRA) beveel tans aan dat swanger vroue wat 'n hoë risiko het om COVID-19 op te doen, ingeënt word nadat hulle dit met hulle gesondheidsorgpraktisyn bespreek het.

Swanger vroue het 'n groter kans om meer ernstige COVID-19-simptome te ontwikkel. Daar is ook 'n risiko vir vroeë geboorte wat verband hou met die opdoen van COVID-19. Dit word aanbeveel dat swanger vroue wat 'n hoë risiko het om COVID-19 op te doen, inenting met hulle gesondheidsorgpraktisyn bespreek.

Suid-Afrika se COVID-19-inentingsplan

Suid-Afrika se inentingstrategie bestaan uit drie fases, wat elke 'n spesifieke subgroep van die bevolking teiken, volgens prioriteit:

Fase 1: Gesondheidsorgwerkers, insluitende studente in die gesondheidswetenskappe, versorgers, en tradisionele genesers.

Fase 2: Noodsaaklike werkers en individue ouer as 60.

Fase 3: Individue ouer as 18.

Oor die verloop van die volgende jaar, is die doel om meer as 40 miljoen Suid-Afrikaners in te ent soos wat die land deur die drie-fase-proses van die inentingsprogram beweeg.

Suid-Afrika het 500,000 dosisse van die Johnson & Johnson’s (J&J) Janssen-entstof gebruik as deel van die aanvanklike program (Sisonke) wat gemik was op gesondheidswerkers. Pfizer-entstowwe is ook teen einde Mei ontvang, en meer entstowwe is op pad.

Die J&J-entstof het tot dusver 'n 64% doeltreffendheid getoon, en 'n 82% doeltreffendheid in die verhoeding van ernstige siekte. Vroeë proewe van die Pfizer-entstof het 'n 95% doeltreffendheid getoon. Beide entstowwe het doeltreffendheid getoon teen die 501Y.V2 variant van COVID-19, wat tans die dominante variant in Suid-Afrika is.

In die geval van die J&J-entstof, word slegs 'n enkeldosis benodig. Diegene wat die Pfizer-entstof ontvang, sal twee dosisse moet ontvang – 'n aanvanklike dosis, en 'n tweede een ses weke later.

Die AstraZeneca-entstof is as veilig en effektief bewys in ander lande. In Suid-Afrika se geval, het die AstraZeneca-entstof geblyk om minder effektief te wees teen die COVID-19 variant wat meestal hier voorkom (501Y.V2). Dit word nou die Suid-Afrikaanse koronavirus-variant oftewel die "Variant of Concern [VOC] beta strain" genoem.

Om hierdie rede het die owerhede besluit om liefs voort te gaan met die plan vir die toediening van die ander twee entstowwe. Die wetenskaplikes wat die AstraZeneca-entstof ontwikkel het, het aangedui dat hulle navorsing gaan doen oor 'n gemodifiseerde weergawe van hulle entstof met die doel om dit meer effektief te maak teen 501Y.V2.

LET OP DIE VOLG​​ENDE:


Studente en personeellede van die Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe kan registreer vir inentings deur die volgende webwerf te besoek: https://stellenbosch.sharepoint.com/sites/VACCINEROLLOUT.

Om meer inligting te bekom oor hoe om jou inenting te kry, kontak vaccinerollout@sun.ac.za (personeel en nagraadse studente) of vaccine@sun.ac.za (voorgraadse studente).​
 

Bronne:

​​​