Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Sentrum vir Studente-administrasie

 

Sentrum vir Studente-administrasie fokus op die volgende areas:

  • Lewering van 'n omvattende kliëntediens aan voornemende en huidige studente, ondersteunings- en akademiese personeel en publieke belanghebbendes rakende studente- en akademiese administrasie van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe op die Tygerberg-kampus
  • Toepassing van US jaarboekbepalings, beleide en prosedures in verband met akademiese programme van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW)
  • Registrasie van studente by die Raad op Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGBSA)
  • Sekretariaat van vaste komitees van die FGGW
  • Beplanning van roosters en eksamen- en toetsreëlings
  • Koshuisplasings op die Tygerberg-kampus
  • Werwing, keuring, toelating en registrasie van studente
  • Reël van eerstejaarsverwelkomingsprogram en eedafleggingsgeleenthede
  • Voorgraadse beursadministrasie van FGGW studente
  • Administratiewe ondersteuning aan Suid-Afrikaanse mediese studente van die Nelson Mandela-Fidel Castro Mediese Program

Nuttige Skakels:

> Beleidsdokumente

> Universiteit Stellenbosch Jaarboek

> Fakulteit Geneeskunde & Gesondheidwetenskappe Jaarboek

​ ​Kantoor van die Adjunk-registrateur (Tygerberg-kampus) 

Adjunkregistrateur & Hoof: Sentrum vir Studente Administrasie (Tygerberg-kampus)
Farah Fredericks
Tel: 021 938 9379
E-pos: farah@sun.ac.za

  • Oorhoofs verantwoordelik vir die strategiese en operasionele bestuur van die funksies en personeel van die Sentrum vir Studente Administrasie (Tygerberg-kampus)
  • Prosessering van dissiplinere aangeleenthede van studente in oorleg met Fakulteitsbestuur, die Studente Dissipline Kantoor en die Afdeling Studentesake.
  • Voorsiening van administratiewe en sekretariële dienste aan `n verskeidenheid komitees, insluitend die Fakulteitsraad;
  • Verantwoordelik vir die integriteit van akademiese rekords op die Tygerberg-kampus;
  • Verskaf leiding en advies aan voornemende en huidige studente, personeel en lede van die publiek insake studente en akademiese administrasie, en verwante aangeleenthede.
​Koördineerder: Kantoor van die Adjunk-Registrateur (Tygerberg-kampus)
Ms Salot Hanekom
Tel: 021 938 9379

E-pos: salot@sun.ac.za

  • Operasionele koördinering van die Kantoor van die Adjunkregistrateur (Tygerberg-kampus).
  • Koördinering van fakulteitsfunksies soos die Eedafleggingseremonie
  • Verantwoordelik vir die allokering van groepe vir kliniese rotasies en die samestelling van MB,ChB I-VI-roosterboekies
  • Bestuur en hou die register by van besluite wat geneem is deur die Fakulteitsraad.
  • Samestelling van die Fakulteitsalmanak van die Tygerberg-kampus.
  • Administreer verlof tot afwesigheid aansoeke van studente.
  • Bestuur fakulteitsverspreidings lyste, bv. afdelingshoofde, FGGW bestuurslede, fakulteitsraadslede, uitvoerende departementshoofde, module voorsitters vir MB, ChB en programkoördineerders vir voor- en nagraadse programkomitees.
  • Koördineer en administreer aansoeke om van die hertoelatingsappélkomitee vir die FGGW
  • Koördineer verifiëring van afgestudeerde studente vir buitelandse registrasie en ECFMG aansoeke

​ ​Eksamenkantoor

​Hoof: Eksamenkantoor

Marilyn de Vries
Tel: 021 938 9309
E-pos: mdevries@sun.ac.za

  • Operasionele bestuur van die eksamenkantoor en –prosesse op die Tygerberg-kampus
  • Samestelling van die eksamenrooster van die FGGW en die toetsrooster van die MB, ChB-program
  • Bestuur en administrasie van assesseringsresultate van MB, ChB I en VI.
  • Sekretariaat van MB, ChB eksamenkomitees. 
  • Koördinering van toets- en ekasamenopsieners van die FGGW.
  • Bestuur en advies rakende verlof tot afwesigheidsaansoeke van toetse en eksamens

Administratiewe Beampte: Eksamenkantoor
Desiree Petersen
Tel: 021 938 9142
E-pos: petersen@sun.ac.za

  • Operasionele ondersteuning van die eksamenkantoor en –prosesse op die Tygerberg-kampus
  • Administrasie van punte vir kliniese rotasies van MB, ChB III en IV en die eerste semester van MB, ChB V.
  • Administrasie van eksamen-, en klas punte vir MB ChB II, III, IV en V.
  • Ondersteuning aan eksterne eksaminatore (benoeming, vlugbesprekings, vergoedingseise en vertroulike verslagvorms).
  • Administrasie en advies rakende verlof tot afwesigheidsaansoeke van toetse en eksamens
  • Administrasie rakende inhandiging en druk van alle toetsvraestelle

​ ​Beurse- en Leningskantoor

Köordineerder: Beurse- en Leningskantoor (Tygerberg-kampus)
Noluvuyo Capsana
Tel: 021 938 9458
E-pos: ncapsana@sun.ac.za

  • Operasionele bestuur van die voorgraadse beurse- en leningskantoor en prosesse op die Tygerberg-kampus
  •  Voorsien advies aan voornemende en huidige studente oor finansiële ondersteuning wat deur die US en eksterne befondsers aangebied word,
  •  Bestuur en verwerking van beurs- en leningsaansoeke en toekennings aan suksesvolle aansoekers
  •  Algemene bestuur en administrasie van beurse- en leningsfondse van FGGW studente
​Administratiewe Beampte: Beurse- en Leningskantoor (Tygerberg-kampus)

Rochelle Sylvester
Tel: 021 938 9129
E-pos: sylvester@sun.ac.za

  • Operasionele ondersteuning aan die voorgraadse beurse- en leningskantoor en prosesse op die Tygerberg-kampus
  • Voorsien advies aan voornemende en huidige studente oor finansiële ondersteuning wat deur die US en eksterne befondsers aangebied word,
  • Verwerking van beurs- en leningsaansoeke en toekennings aan suksesvolle aansoekers
  • Algemene ondersteuning en administrasie van beurse- en leningsfondse van FGGW studente

​ ​Keuringskantoor

Hoof: Keuringskantoor
Liezel Marais
Tel: 021 938 9203
Fax: 021 931 9834
E-pos: liezelm@sun.ac.za  

  • Bestuur van die van die Keuringskantoor (Tygerberg-kampus) en keuringsprosesse van voorgraadse FGGW-programme;
  • Koördinering van aangeleenthede wat verband hou met die werwing van voornemende studente vir die voorgraadse programme van die FGGW (bv. US Opedag, kampustoere);
  • Hantering van program- en keuringsnavrae van voornemende studente, ouers en die publiek.
  • Sekretariaat van alle keurings- en verwante vergaderings;

​Keuringsbeampte
Angelo McKerry
Tel: 021 938 9533
Fax: 021 931 9834
E-pos: angelom@sun.ac.za

  • Administrasie en verwerking van aansoeke vir keuring tot die voorgraadse programme in die FGGW
  • Ondersteun aktiwiteite wat verband hou met die werwing van voornemende studente vir die voorgraadse programme van die FGGW (bv. US Opedag, kampustoere)
  • Hantering van program- en keuringsnavrae deur voornemende studente, ouers en die publiek.

Administratiewe Beampte: Keuringskantoor
Carin Basson
Kantoorure: 08:00 - 13:00
Tel: 021 938 9580
Faks: 021 931 9834
E-pos: cb3@sun.ac.za

  • Keuringsadministrasie van die voorgraadse aansoeke vir programme van die FGGW
  • Hantering van algemene program- en keuringsnavrae van voornemende studente, ouers en die publiek
​Nuttige skakels:
> Aansoeke en keuring

Koshuisplasing en Toelating 

Koshuisplasings- en Toelatingsbeampte
Annelie Scholtz
Tel: 021 938 9378
E-pos: amscholtz@sun.ac.za

  • Bestuur van koshuisplasings (junior en senior) in alle Tygerberg-kampus koshuise
  • Administrasie van alle voorgraadse, nagraadse, internasionale en telematiese programaansoeke vir die FGGW in samewerking met die toelatingskantoor op die Stellenboschkampus

​Nuttige skakels:
>  Koshuisinligting

​Kursusse

Fakulteitsadministrateur en Hoof: Kursusse
Johan Coetzer
Tel: 021 938 9204
E-pos: jco@sun.ac.za

  • Bestuur van studente administrasie met betrekking tot die toelating, registrasie en kwalifikasieverwerwing van studente. 
  • Die sekretariaat van Komitees vir Voor- en Nagraadse Onderrig, Fakulteitskomitee en Fakulteitsraad. 
  • Toepassing van Jaarboekbepalings, beleide en prosedures wat verband hou met akademiese programme en geregistreerde studente. 

Fakulteitsbeampte
Vanessa Joseph
Tel: 021 938 9235
E-pos: vbj@sun.ac.za

  • Bestuur aansoeke om toelating tot nagraadse programme.
  • Hanteer navrae in verband met nagraadse programme.
  • Registrasie van studente.
  • Bestuur die uitreiking van:
    • akademiese rekords aan studente en
    • studieverklarings aan studente.
  • Hanteer die opdatering van persoonlike inligting van studente op die US-stelsel.
yolande.jpg

Administratiewe Beampte: Kursusse
Yolande Barendse
Tel: 021 938 9199
E-pos: ybarendse@sun.ac.za

  • Administratiewe ondersteuning aan die Fakulteitsadministrateur vir die Komitees van Voor- en Nagraadse Onderrig, Fakulteitskomitee en Fakulteitsraad.
  • Hanteer verskeie take, soos die registrasie van nuweling- eerstejaarstudente by die GBRSA, databasis van die akkreditasie van buitedosente, besluite van die Fakulteitsraad en Senaat, verleen hulp en advies met betrekking tot die nagraadse aansoek ondersteunigsdatabasis (NAO), nagraadse aansoekdokumentasie en skakeling met studente en personeel.

RGBSA-Skakelkantoor

Hoof: RGBSA-skakelkantoor
Estie Geldenhuys
Tel: 021 938 9284
E-pos: hmg@sun.ac.za

  • Koördineer die HPCSA-registrasie van alle FGGW-studente
  • Verleen hulp aan kliniese assistente en voornemende spesialiste met hulle HPCSA-registrasie
  • Verantwoordelik vir die redigering van die FGGW-Jaarboek (Deel 12)
  • Verleen administratiewe ondersteuning aan studente van die Nelson Mandela-Fidel Castro-mediese program aan die Universiteit Stellenbosch

​Studenteondersteuningskantoor (Tygerberg-kampus) ​

Administratiewe beampte: Studenteondersteuning
Sandra Josias
Tel: 021 938 9789
E-pos: sjosias@sun.ac.za OR tyg_studentsupport@sun.ac.za

  • Eerste dienspunt as onsekerheid bestaan oor waar om die nodige studenteondersteunings-funksie te vind by Tygerberg-kampus
  • Administrateur vir die Tutor-Mentor program, werk-studie program en noodete-koepons tydens eksamens
  • Koördineer kampustoere op die Tygerberg-kampus
  • Koördineer alle werwings-verwante geleenthede insluitend die FGGW Opedag op die Tygerberg-kampus

Nuttige skakels:

www.maties.com