RDSD
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navorsings- en Internasionaliseringsontwikkeling en -Steun (NIOS)

​​​​​ 

Navorsers en studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch, word genooi en aangemoedig om gebruik te maak van die navorsingsontwikkelings- en -steunmeganismes wat deur die Afdeling Navorsingsontwikkeling en -steun gebied word. Die afdeling bestaan uit die volgende kantore onder bestuur van toegewyde kantoorbestuurders:

 

Dr Liela Groenewald bestuur die Doktorale Kantoor. Die kantoor hanteer die strategiese en logistieke komponente van die doktorale proses (vanaf werwing to graadverwerwing). Hierdie kantoor sien ook om na navorsingsmagistergraad-studente in die fakulteit, synde ‘n belangrike kanaal na doktorale studies, en na na-doktorale genote.

Lees meer ›

Mnr Eugene Baugaard bestuur die Kantoor vir Narvorsings-toekenningsbestuur. Hierdie kantoor dien as ʼn skakelvlak vir ondersoekers, die Fakulteit administrasie en befondsingsagentskappe of eksterne borge, en bied bystand aan die Fakulteit met die identifisering van befondsing, indiening van voorleggings en die bestuur van finansiële toekennings.   Lees meer ›

Dr Blanche Pretorius bestuur die Kantoor vir Gesondheids-navorsingsetiek. Die doel van hierdie kantoor is om navorsers van die Universiteit Stellenbosch te ondersteun ter nakoming van die vereistes rakende die beskerming van die veiligheid, regte en welstand van mensedeelnemers aan gesondheidsnavorsing.   

 

Lees meer ›​​​

Dr Tania Brodovcky bestuur die Kantoor vir Navorsings-kapasiteitsontwikkeling en -befondsing. Hierdie funksie ondersteun en ontwikkel aktiwiteite rakende navorsingskapasiteits-ontwikkeling van personeel en nagraadse studente in die en versprei inligting oor geleenthede vir gesondheidsnavorsings-befondsing. Lees meer ›

Dr​ Debbie Marais bestuur die Kantoor vir Voorgraadse Navorsing. Die doel van hierdie kantoor is om voorgraadse studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat navorsing onderneem, te ondersteun deur die uitbreiding van navorsingskapasiteit, die fasilitering van etiekbeoordelings en die verkryging van befondsing.  


Lees meer ›

Dr Karis Moxley bestuur die Kantoor vir Navorsingsteun aan Kliniese Assistente (KNKA). Die oogmerk van die KNKA is om ondersteuning te verskaf aan kliniese assistente binne die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat navorsing as deel van hulle spesialisasie- (MMed-) en subspesialisasie- (MPhil-)program moet verrig.  ​

Lees meer ›​​​​​​​