Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Strategie en fokusgebiede

​​​​​​​INLEIDING

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch (US) ontwikkel by wyse van ’n deelnemende proses elke vyf jaar ‘n nuwe strategiese plan. Ons Strategiese Plan 2019–2024 verskaf die raamwerk waarvolgens die FGGW se strategiese fokusgebiede uitgestip, in bedryf gestel en beoordeel word.

Die huidige plan bou voort op die stewige fondamente van ons vorige prestasies, maar hou ook rekening met ’n aantal nuwe ontwikkelings, die jongste tendense en die verskeidenheid uitdagings in gesondhe¬idsorg en gesondheidsberoepe-onderwys. Die Fakulteit se strategie is met die US se Visie 2040 en Strategiese Raamwerk: 2019–2024 belyn.

Geen strategie moet as “gegiet in beton” beskou word nie – ons verkies om beplanning in ’n snel veranderende en uitdagende omgewing dinamies te benader en voortdurend te ontwikkel. Die strategiese plan is dus ’n lewende dokument wat minstens een keer per jaar hersien en aangepas word. Ons moet voortdurend bewys dat die Fakulteit rats kan beweeg, dat ons mense veerkragtig is en dat ons ingesteldheid voortdurend vernuwende denke bevorder

 

STRATEGIESE FOKUSGEBIEDE

In die FGGW se Strategiese Plan is hierdie institusionele strategiese temas in die onderstaande ses strategiese fokusgebiede omskep:​