Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Coronavirus (COVID-19)

Gradeplegtighede gaan voort

Die Universiteit Stellenbosch (US) hou die gebeure rondom die uitbreking van die coronavirus (COVID-19) wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as ’n wêreldwye gesondheidsnoodtoestand verklaar is, baie fyn dop. Daar bestaan tans geen rede om die komende agt gradeplegtighede wat van 31 Maart tot 3 April 2020 sal plaasvind, te kanselleer nie.

Die Universiteitsgemeenskap, insluitende graduandi en gaste wat Stellenbosch gedurende die gradeplegtigheidweek sal besoek, word aangemoedig om die algemene voorkomingsriglyne te volg en om op hoogte te bly van die situasie deur middel van die Universiteit se webwerf en amptelike sosialemediakanale.

Graduandi en gaste wat siek voel op die dag van die gradeplegtigheid, veral diegene met griepsimptome, word versoek om eerder tuis te bly en die verrigtinge deur middel van die regstreekse stroomuitsending by www.sun.ac.za/streaming te volg.

Graduandi wat nie die plegtigheid kan bywoon nie, kan reël om hul graad, diploma of sertifikaat in absentia te ontvang deur die vorm by www.mymaties.com voor Vrydag, 20 Maart 2020 te voltooi.

Graduandi wat op kort kennisgewing nie die plegtigheid kan bywoon nie, kan ’n versoek aan graduation@sun.ac.za stuur om te reël om al die tersaaklike gradeplegtigheiddokumente ná afloop van die gradeplegtigheide af te haal.

Die US het ’n gebeurlikheidskomitee bestaande uit verskeie kundiges, insluitende personeel van die Infeksiesiektes-sentrum (ISS), Infeksiesiektes-sentrum (ISS) en die Afdeling Mediese Virologie by die US se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Epidemiologiese Modellering en Analise (SACEMA), die US se Kampusgesondheidsdiens en ander, saamgestel.

Universiteite Suid-Afrika (USAf) – die organisasie wat alle Suid-Afrikaans universiteite verteenwoordig – het vroeër aangekondig dat die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) die vise-kanseliers oor COVID-19 ingelig het..

Vir meer inligting oor die coronavirus (COVID-19), klik hier.