Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voor die Plegtigheid

Kwalifisering vir graduering

Jy moet aan alle vereistes vir jou sertifikaat, diploma of graad voldoen om te kan gradueer.

Die eksamenuitslae word amptelik om 14:00 op Vrydag 6 Maart 2020 uitgereik.Studente kan hulle uitslae kry:

  • deur die studenteblad by www.mymaties.com te besoek; of
  • deur die Universiteit se outomatiese antwoorddiens by 083 123 7777 te gebruik; of
  • deur die selfoonwebtoepassing by http://m.mymaties.com te gebruik.

Is my besonderhede korrek?

Maak asseblief seker dat jou naam en van korrek op die studente- blad verskyn, want studente sal self vir die koste van plaasvervan- gersertifikate aanspreeklik wees.

Het ek uitstaande gelde?

Kandidate met uitstaande studiegeld is onderworpe aan die volgende: Die koker wat die kandidaat by die plegtigheid ontvang, sal nie die amptelike gradueringsdokumente bevat nie, maar ’n rekening vir die uitstaande bedrag en ’n brief wat versoek dat dit betaal word.

Om die Universiteit in staat te stel om kandidate se gradueringsdoku- mente by die plegtigheid uit te reik, moet kandidate vir die Maart/April 2020-plegtighede die uitstaande bedrag voor 12:00 op Vrydag 20 Maart 2020 betaal.

Kontak gerus die Afdeling Studentegeld by 021 808 4521/4913 of studentaccounts@sun.ac.za om reëlings te tref.

Klik HIER vir meer inligting oor studentefoeie.

Spesiale versoeke

  • Studente met gestremdhede of beserings sal hul grade onder die verhoogarea ontvang.
  • Spesiale versoeke vir die volgende kan aan graduation@sun.ac.za gerig word.
  • Graduandi wat nie in staat is om oor die verhoog te stap nie.
  • Graduandi of gaste wat die dienste van ’n gebaretaaltolk benodig.
  • Neem asb kennis dat die lokaal nie met ’n skerm toegerus is nie. Reëlings sal getref word vir die tolk om by die graduandus of gas te sit.
  • Gaste wat spesiale reëlings moet tref weens gesondheidsredes.
  • Gaste in rolstoele – om ’n plek vir ’n rolstoel langs die stoel van ’n metgesel te bespreek.
  • Rig asb alle versoeke voor Woensdag, 25 Maart 2020.