Registrar's Division
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Jaarverslae


​Die Registrateursafdeling se Jaarverslae fokus op die Afdeling se rol binne die Rektor se verantwoordelikheidsentrum en die groter instelling, sowel as op sy samwerkingsvennootskappe met sleutelbelanghebbers soos studente, fakulteite en ander PASD-omgewings (Professionele, Administratiewe, Steun- en Diensomgewings).

Met ʼn fokus op personeelontwikkeling, personeeldeelname en die bou van verhoudings met sleutelbelanghebbers, streef die Registrateursafdeling om homself te posisioneer as ʼn PASD-omgewing met ʼn reputasie as ʼn bekwame, doeltreffende, kliëntgebaseerde en innoverende span wat uitnemende dienste bied en tot die verwesenliking van die US se visie en strategie bydra. Die posisionering van die drie sentra in die Afdeling, naamlik Regsdienste, Oorsigfunksie-ondersteuning en Studente-administrasie op drie kampusse, en die daarstelling van interne kohesie tussen hierdie sentra is sleutelprioriteite.

Die Jaarverslae weerspieël dus die waarde wat die Registrateurafdeling tot die algehele funksionering van die Universiteit Stellenbosch toevoeg, aangesien dit ʼn sentrale rol in die ondersteuning van die interne oorsigbestuurstrukture van die instelling speel en ʼn kultuur van samewerkende oorsigbestuur en etiese gedrag ondersteun.

Laai 2017 se Jaarverslag af

Laai 2018 se Jaarverslag af​

Laai 2019 se Jaarverslag af​​