Medicine and Health Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Akademiese Aanbod

Voorgraadse programme

Studente by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe geniet 'n omvattende studentgesentreerde ondersteuningstelsel wat onder andere bestaan uit student-gedrewe ondersteuningsinisiatiewe soos die Tutor-Mentorprogram, vak-spesifieke tutors en die ResEd- (Residensiële Onderrig)inisiatief.

» Lees meer

 

Nagraadse programme

'n Wye verskeidenheid nagraadse programme (diplomas, honneurs, magister- en PhD-grade) word ook aangebied.

» Lees meer

 

Internasionale studente

Die Fakulteit bied keusemodules vir internasionale studente op sowel voor- as nagraadse vlak, en bevorder en ondersteun internasionale studente-uitruilskemas.

» Lees meer

 

Sentrum vir Studente-administrasie

Die Sentrum vir Studente-administrasie bied 'n wye verskeidenheid omvattende dienste, en hanteer sake soos studentewerwing, -keuring en -registrasie.

 

Studentesteun

Die FGGW spog met van die beste suksessyfers vir voorgraadse studente aan die Universiteit. Oor die jare het ons 'n aantal studentesteun-inisiatiewe ingestel wat studentesukses fasiliteer.

Dalk die bekendste hiervan is ons omvattende tutor-mentor-program waarin senior studente wat as tutors opgelei is, eerstejaars bystaan. 

Kliniese fasiliteerders is programspesifieke klinici wat na die behoeftes van studente in hul kliniese jare omsien. 'n Vroeëwaarskuwingstelsel is ontwikkel om 'risikostudente' uit te wys en by te staan.

Daarbenewens werk ons ten nouste saam met die US se Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) om die nodige ondersteuning aan ons studentekorps te bied, en handhaaf uitstekende verhoudings met die Sentrum se personeel en bestuur. Kliek hier vir meer inligting oor studente-ondersteuningsdienste op Tygerberg-kampus.