LET WEL: Studenterfinansiering en die impak wat dit op toegang tot hoër onderwys het, staan hoog op ons agenda.
Klik hier om 'n belangrike boodskap van die Registrateur te lees. En
klik hier vir ’n verdere boodskap.
Registrasie 2021
Nuweling-, asook terugkerende studente word aangemoedig om die self-registrasieproses (e-registrasie) te gebruik. Raadpleeg asb die self-registrasieskedule vir die toepaslike datums vir jou studiejaar of program.
Self-registrasie kan vanaf enige rekenaar met toegang tot die internet gedoen word by
www.maties.com.
Studente wat nie aanlyn registreer nie, moet die ondersteunde registrasieproses op die Stellenbosch- of Tygerberg-kampus volg. Let asb daarop die skedule vir registrasie op kampus is voorwaardelik en gaan van die veronderstelling uit dat die huidige COVID-19-regulasies nie sal verander nie, en dat geen veranderinge nodig sal word om enige meegaande risiko’s teen te werk nie.
Registrasieprosedure (e-registrasie)RegistrasieskedueleDokumente vir registrasieRegistrasiegids