Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Finale toelating vir nuwelingaansoekers

Ons sal ’n finale aanbod maak op grond van jou finale graad 12-uitslae, wat in Januarie 2024 bekend sal wees. Jy sal drie dae tyd hê om die aanbod te aanvaar voordat dit verstryk. Hou jou e-pos dop vir enige aankondigings, en gebruik die aansoekerportaal om jou aanlyn status na te gaan.

Wanneer jy enige aanbod, hetsy voorwaardelik of finaal, aanvaar, sal ons jou vra om ’n studentekontrak te onderteken. Sorg asseblief dat jy voortdurend die status van jou studentekontrak op die aansoekerportaal nagaan sodra dit gelaai is. Let ook asseblief daarop dat hierdie proses nié van toepassing is op studente wat in 2023 by die US geregistreer was nie.

Sodra jy die finale aanbod aanvaar het, sal jy kan registreer wanneer die registrasietydperk amptelik begin.

Let asseblief daarop dat finale toelatings en kommunikasie vanaf 19 Januarie 2024 verwerk sal word.