Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​Kennisgewing aan alle lede van die Konvokasie: Nominasies vir lede van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie​line.jpg

Ingevolge klousule 51 van die Statuut (2019), moet die Konvokasie 'n president, 'n visepresident, 'n sekretaris en twee ander lede uit Konvokasiegeledere kies wat deel sal uitmaak van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie.

 Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch word hiermee uitgenooi om 'n lid of lede te benoem om vir 'n termyn van drie (3) jaar as lede van die Uitvoerende Komitee te dien nadat die vorige Uitvoerende Komitee se termyn geëindig het. Die termyn van die nuut verkose Uitvoerende Komitee sal strek vanaf die dag wat die uitslae van die verkiesing aangekondig is.
 
Lede van die Konvokasie word versoek om ingevolge die Prosedure vir die nominasie en verkiesing van die Konvokasie se Uitvoerende Komitee, elektroniese nominasies in te dien vir geskikte kandidate om hierdie vakatures te vul.
 

 
'n Lid moet deur een (1) voorsteller genomineer word en vier (4) ander lede moet die nominasie sekondeer. Dui asseblief duidelik op die nominasievorm aan vir watter posisie(s) die genomineerde hulself beskikbaar stel. Die nominasie moet vergesel word van 'n verklaring deur die genomineerde dat hulle die nominasie aanvaar en die verkiesingsreëls sal nakom, en  'n visiestelling deur die genomineerde van maksimum 100 woorde. Die nominasie kan ook 'n CV (opsioneel) insluit. Nominasies moet voor of op die sluitingsdatum per e-pos aan
email icon.jpgverskiesings@sun.ac.za gestuur word.
 
Volgens klousule 47(1) van die Statuut (2019) is alle persone aan wie 'n kwalifikasie by 'n kongregasie van die Universiteit toegeken is, alle voltydse akademiese personeel van die Universiteit, alle voormalige voltydse akademiese personeel van die Universiteit wat die diens van die Universiteit verlaat het as gevolg daarvan dat hulle die aftree-ouderdom bereik het, lede van die Konvokasie en mag hulle genomineer word om in die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie te dien. Konvokasielede soos gelys kan ook as voorsteller optree of 'n nominasie sekondeer.

Dr Ronel Retief
REGISTRATEUR
Universiteit Stellenbosch
9 Februarie 2024 

Indien u verkies om nie Konvokasieverwante inligting te ontvang nie, sal u skriftelik uit die Konvokasie moet bedank deur 'n e-pos aan
email icon.jpgkonvokasie@sun.ac.zate stuur. ​