Rector's Site
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​Prof H Russel Botman

Prof Hayman Russel Botman was halfpad deur sy tweede termyn as Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US) toe hy op 28 Junie 2014 onverwags in sy slaap oorlede is.

Dit was sy tuisblad op die US se webruimte dié.

Die Universiteit Stellenbosch (US) is ʼn wêreldklasinstelling wat hoë aansien geniet vir sy navorsingskundigheid en sy bydrae tot die ontwikkeling van intellektuele kapitaal en mensepotensiaal. As een van Suid-Afrika en Afrika se voorste universiteite is die US ʼn nasionale en kontinentale bate.

Ter aanvang van my eerste termyn in 2007 het ek gesê die uitdaging vir die Universiteit is om van sukses na beduidendheid te beweeg sodat ons relevant vir die mense van ons land en vasteland kan wees. Hierdie visie is tasbaar gemaak met die HOOP Projek, wat in 2010 met die volgende temas bekendgestel is: die uitwissing van armoede en verwante toestande, en die bevordering van menswaardigheid en gesondheid, demokrasie en menseregte, vrede en sekuriteit, asook ʼn volhoubare omgewing en mededingende bedryfsektor.    

 

Ek kan met trots sê die Universiteit het intussen reeds baie mense se lewens verbeter. Die US is ook goed geplaas om institusionele uitdagings die hoof bied om ons posisie as 'n top-universiteit en belangrike samelewingsvennoot te verstewig.

Die grondslag hiervoor word gelê in die US Institusionele Voorneme en Strategie 2013-2018, soos goedgekeur deur die Universiteitsraad. Ons streef daarna om die US as voorloperinstansie in die 21ste eeu te posisioneer deur meer inklusief, innoverend en toekomsgerig te word. Dít doen ons deur toegang tot die Universiteit te verbeter, voort te bou op ons uitnemendheid en ons impak op die samelewing te vergroot. Gesamentlik sal dié fokusse ons in staat stel om van beide ons personeellede en studente denkleiers vir die toekoms te maak. Dít is die US se Visie 2030.

In vandag se snelveranderende wêreld met sy omvattende inligtingsnetwerke moet ons tred hou met nuwe maniere van kennisverwerwing, -oordrag en -toepassing. Daarom word personeel en studente aangemoedig om voortdurend vernuwend te dink oor maatskaplike verantwoordelikheid, volhoubaarheid en entrepreneurskap.

By Maties lei ons afgeronde studente op om die toekoms as innoveerders en leiers te betree. Hier word hulle met die nodige vaardighede toegerus om die uitdagings wat op verskillende terreine vir hulle voorlê met vertroue aan te pak. Ons fokus dus nie net op kennisverwerwing nie, maar ook op die waardes wat ʼn beter samelewing sal help bou.

​​​​​​
Maties Lusaka reunie - Hoofspreker Prof Russel Botman & Adv Thuli Madonsela​​ Prof R Botman na afloop van die Raadsvergadering van 29 April 2013.​ ​​​. ​​​​​​

​​​​​​​​​​​

​ ​​