Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​Prof Deresh Ramjugernath
Prof Deresh

Viserektor: Leer en Onderrig​


​Genetwerkte en samewerkende onderrig en leer

Die Universiteit Stellenbosch (US) het met die inwerkingstelling​ van sy Visie 2040 in 2019​ ’n pad van genetwerkte en samewerkende onderrig en leer, een van die instelling se kern strategiese temas, begin stap. Dit behels die skep van leergemeenskappe waar studente, personeel en alumni betekenisvolle leer kan ervaar en vennote kan wees om saam kennis te skep. Deur hierdie leer-gesentreerde benadering moedig ons intellektuele weetgierigheid aan wat ’n noodsaaklike vaardigheid vir volgehoue kritiese en skeppende denke is.

Ons handhaaf ook ’n holistiese siening oor onderrig en leer – dit moet individuele en sosiale voordele inhou, en onderrigpraktyke moet reageer op die konteks waarbinne dit plaasvind en daardeur gevorm word.

Daar word voortdurend in die Leer en Onderrig-verantwoordelikheidsentrum (VS) gepoog om op akademiese sukses voort te bou en om die nodige ondersteuning aan ons akademici en studente te verskaf. Oorhoofs val die klem op die bestuur van leer en onderrig; opvoedkundige beleidsontwikkeling; gehalteversekering van onderrig; studentesake; ondersteuning aan studentebestuurstrukture; en taalbestuur, veral die inwerkingstelling van veeltaligheid.

Verskeie afdelings binne hierdie VS werk nou saam met die US se tien fakulteite om ’n kultuur van verwelkoming vir alle studente en personeel te skep, om te verseker dat alle studente ’n hoë sukseskoers handhaaf en om dosente se doseerervaring te verryk. Tegnologie word op innoverende maniere ingespan om die doeltreffendheid van leer en onderrig te verbeter.

’n Wye reeks dienste word vir studente aangebied om hul in-klas (kurrikulêre) en buite-die-klas (ko-kurrikulêre) ervaring te verryk. Afgesien van die bevordering van studente se persoonlike, akademiese, sosiale en finansiële welstand, word leierskapvaardighede ook ontwikkel. En studente word aangemoedig om op verskeie maniere by die breër gemeenskap betrokke te raak.

Noodsaaklike psigoterapeutiese dienste, ’n 24-uur krisisdiens, ontwikkelingswerksessies en ondersteuningsgroepe help studente om hul pad deur die baie uitdagings van die universiteitslewe te vind.

Afr heading card.jpg

  •  

    Eenheid vir Gelykwaardigheid​


  •  

    Studente Sukses Progam


  • ​​Kontak:

    Candice Andries
    Persoonlike Assistent


    ​​​​​​​​​​​​​​​​​

    ​​​​​​​