Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​Prof Nico Koopman 
Viserektor​​: Sosiale Impak,Transformsie en Personeel

Sosiale Impak vorm saam met leer en onderrig, en navorsing en innovasie die Universiteit Stellenbosch se drie kernfunksies, elkeen met 'n viserektor wat vir sy/haar omgewing die bestuursverantwoordelikheid aanvaar.

Die afdeling Menslike Hulpbronne, Kampusgesondheid, kantoor vir die koordinering van HIV, korporatiewe entiteite (US Musem ​en US Woordfees) en Regdsdienste​ maak ook deel uit van die verantwoordelikheidsentrum van die Viserektor: Sosiale Impak, Transformasie en Personeel. 

Strategiese vennootskappe

Een van die rolle van die afdeling Sosiale Impak is om vennootskappe met die gemeenskap te inisieer en te bestuur. So word samewerking tussen verskillende partye en 'n wedersydse leerproses bewerkstellig. Diensleer binne die akademiese omgewings, en dus koppeling met onderrig en navorsing, is ook 'n belangrike komponent van sosiale impak.

Memoranda van verstandhouding met verskeie munisipaliteite en venootskappe met onder meer die Departement van Verdediging, Departement Gesondheid, die Cape Higher Education Consortium (CHEC​), nie-regeringsorganisasies en provinsiale departemente van onderwys word deur hierdie verantwoordelikheidsentrum  bestuur

Personeelsukses

Die afdeling Menslike Hulpbronne​ fokus op professionele en vaartbelynde ​​dienslewering ter ondersteuning van die Universiteit Stellenbosch se strategiese inisiatiewe, waaronder personeelsukses, verbreding van die kundigheidsbasis, diensbillikheid en diversiteit.

Kampusgesondheidsdiens

Die Kampusgesondheidsdiens lewer 'n professionele mediese diens aan studente en personeel en sluit aan by die US se welweesinisiatiewe. Die eenheid hanteer onder meer beserings-aan-diens en beroepsgesondheid geniet plaaslik en internasionaal erkenning vir sy kundigheid op die terrein van sportbeserings.

Ander institusionele prioriteitsareas sluit in die ontwikkeling van ʼn Transformasieplan; die hersiening van die Sportplan van 2004; institusionele MIV en Vigs-koördinering en SIG​LA (Sekerheidsinstituut vir Staatsbestuur en Leierskap in Afrika​), een van die HOOP Projek se inisiatiewe, as 'n tussentydse verantwoordelikheid.

ʼn Wye reeks inisiatiewe en aktiwiteite in verskillende universiteitsomgewings lê die grondslag vir die bereiking van kort- en langtermyn institusionele doelwitte. Die samevoeging van diverse afdelings onder die Viserektor: Gemeenskapsinteraksie en Personeel dra afsonderlik by tot die US se gemeenskaplike oogmer​k om "beduidend anders" en "beduidend beter" te wees. Hulle doen dit deur, onder meer, hoë gehalte dienslewering en innovasie; die bevordering van diversiteit en diensbillikheid; die implementering van gedesentraliseerde, maar kampuswye welweesaksies; die bou van stewige eksterne vennootskappe en ʼn verbreding van die kundigheidsbasis; die verbetering van toeganglikheid; die bevordering van uitnemendheid in sport, ook paralimpiese sport; en die skep van ʼn gediversifiseerde personeelkorps.

Die samestellende omgewings ondersteun die institusionele visie, doelwitte en strategieë, en lewer  ʼn belangrike bydrae tot die volhoubaarheid van die Universiteit as ʼn instelling van wêreldgehalte, ʼn gerespekteerde kennisvennoot wat sy kundigheid tot voordeel van die samelewing inspan, en dus sy rol as nasionale bate vervul.​​​​

​​Kontak:

Michelle Jooste
Persoonlike Assistent​

​​​​​​​​​​​​