Fasiliterende Leierskap-kursus

Die kortkursus in Fasiliterende Leierskap stel deelnemers bekend aan die gedagte en die handeling van fasilitering soos dit met verloop van tyd ontwikkel het. In hierdie kursus ondersoek die deelnemers fasilitering as ’n leerproses, die teoretiese onderbou daarvan en die verskillende vorme wat dit aanneem. Die kursus bied deelnemers praktiese blootstelling aan fasilitering en rus hulle terselfdertyd toe met die nodige vaardighede – soos aktiewe luister, emosionele intelligensie en kritiese denke – om ’n wye verskeidenheid gesprekke te fasiliteer.


Vir meer inligting, stuur 'n e -pos aan ​ fvzs@sun.ac.za.