Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer oor die

ssg badge afr.pngDie universiteit koshuis is ’n student gemeenskap waarin gemeenskaplike waardes toegepas word om student se akademiese en leef-omgewings te integreer. Die sosiale dimensie van gemeenskaplike-saamwoon in ’n koshuis en binne cluster-verband is geskep om die universiteit se akademiese missie te ondersteun. Met dié integrasie, jag SSG een van die Universiteit se doelstellings na, naamlik om student te voorsien van ’n universiteitservaring waarin die koshuis ’n verlenging van die akademiese interaksie binne fakulteite is. Sodoende word ’n universiteitsomgewing geskep waar student gebalanseerde onderrig ontvang – in lyn met die Strategiese Raamwerk en profiel van US alumni.
 
Die kluster inisiatief beoog om ’n studentekultuur te skep wat student sukses bevorder – ’n kultuur waarin student nie net aangename sosiale ervarings gebied word nie, maar ook die geleentheid gebied word om ernstige leiers en rolspelers binne en buite die Suid-Afrikaanse sfeer te kan wees. In lyn met die Universiteit se institusionele doelstellings, word koshuis student aangemoedig om dié nuutgevonde kennis binne en buite koshuisverband aan te wend om sodoende verandering te kan bewerkstellig.

Vir meer inligting besoek: www0.sun.ac.za/ssg