Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Maties Loopbane

​Maties Loopbane is 'n loopbaneportaal wat wêreldklas e-werwingstegnologie gebruik om gegradueerdes en werkgewers by mekaar te pas. Die doel is om permanente indiensneming, internskappe en vakansiewerk te fasiliteer.

Vir student-werwingsgeleenthede by verskillende maatskappye en ander loopbaanverwante inligting, kontak asseblief die Loopbanekantoor by (021) 808-3568 of 

e-pos careerservices@sun.ac.za​​​​ en vra om by ons poslys ingesluit te word. Klik asseblief hier om die geleenthede wat op ons portaal geadverteer is te besig.

2019 Loopbaanuitstallings

  

Algemene Loopbaanuitstalling: 6 Aug

Rekeningkunde Loopbaanuitstalling: 7 Aug

Ingenieurs Loopbaanuitstalling: 8 Aug

 

Publikasies

Ons reik jaarliks 'n publikasie uit wat besonderhede bevat van die Gegradueerde Plasing- en Ontwikkelingsprogram en artikels oor loopbaankeuse en studente se voorbereiding vir die beroepswêreld. Hierdie publikasie word wyd op die kampus versprei. Studente word aangemoedig om elke jaar hulle kopie by die Loopbanekantoor te kry om bewustheid van die organisasies wat hulle gekose loopbaanrigtings sou bevoordeel of in gevalle waar hulle twyfel of meer inligting oor die maatskappye in hulle belangstellingsveld wil hê. Die publikasiedatum is gewoonlik in Julie, maar harde kopieë is gewoonlik regdeur die jaar beskikbaar of kan van hierdie webblad afgelaai word.

Laai die jongste Gegradueerde Plasing- en –Loopbaanontwikkeling-programboekie hier​​ af.