Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Dienste & Funksies

Dienste

Die algemene vertrekpunt van die SSVO is gebaseer op die internasionaal erkende welsynsbenadering wat tans by meer as 70% van die Amerikaanse hoër onderwysinstellings toegepas word.

Ons program, wat meestal op eerstejaarstudente fokus, is bekend as die ALFA-program (Akademiese Leiding en Fasilitering vir Aanpassing).

Ons program wat primêr op die afronding van die studietydperk fokus (met ander woorde, hoofsaaklik gerig op senior studente) is bekend as die OMEGA-program (Ontwikkelingsmeganismes vir effektiewe afronding van grade). Die doel is om studente te help om maksimaal vir die realiteite, eise en uitdagings van die beroepswêreld voor te berei. Die dienste van die Loopbaankantoor ondersteun die doelstellings van die OMEGA-program.

Die personeel van die SSVO werk baie hard om te verseker dat die sentrum op datum bly, dinamies en op die snykant van ontwikkelings. Alle dienste word deur geregistreerde praktisyns aangebied, en streng vertroulikheid word gewaarborg.

 

Die doelwitte van die SSVO

 
Die breë doelwitte van die sentrum is om:

  1. 'n wetenskaplik verantwoordbare sielkundige diens aan geregistreerde studente te lewer wat op datum, student-gesentreerd en dinamies is;
  2. te fokus op die optimalisering van bestaande potensiaal, voorligting (insluitende loopbaan-ontwikkeling), voorkoming van probleme en bied van psigoterapeutiese bystand;
  3. opleiding en toesig aan intern-sielkundiges te bied in ooreenstemming met die voorskrifte van die Raad vir Gesondheidsprofessies van Suid-Afrika (Health Professions Council of South Africa – HPCSA), en in ooreenstemming met erkende wetenskaplike standaarde/strategieë
  4. as konsultante vir universiteitskomitees en die akademiese personeel op te tree;
  5. relevante en tersaaklike navorsing te inisieer, uit te voer en te publiseer; en
  6. nasionale en internasionale erkenning te verkry.

 

Die funksies van die SSVO

Die ses doelwitte hier bo word deur middel van die volgende sewe funksies bereik:

  1. Bied ontwikkeling- en voorligtingsprogramme aan wat tot optimalisering van die bestaande potensiaal van studente sal lei en hulle sal bemagtig om hedendaagse uitdagings en probleme suksesvol op hulle eie te konfronteer.
  2. Verskaf inligting en voorligting oor effektiewe loopbaanontwikkeling, keuses en toetrede tot so 'n loopbaan.
  3. Verskaf vertroulike psigoterapeutiese dienste.
  4. Voorsien 'n kantoor vir studente met spesiale leerbehoeftes.
  5. Maak 'n 24-uur krisisdiens beskikbaar.
  6. Verskaf konsultasiedienste aan Universiteitskomitees en akademiese personeel.
  7. Inisieer navorsing verwant aan die hooffunksies van die sentrum, voer dit uit en publiseer dit.

 

Vertroulikheid


Al die inligting wat kliënte aan ons personeel gee, word met die strengste vertroulikheid hanteer. Dit beteken dat niemand sal weet dat jy van die terapeutiese dienste van die SSVO gebruik maak nie, tensy jy hom of haar vertel. Dit sluit jou ouers, die bestuur van die universiteit, jou vriende en die fakulteit in.

Ons terapeute is almal as sielkundiges by die Raad vir Gesondheidsprofessies van Suid-Afrika (RGPSA) geregistreer, en absolute vertroulikheid word van hulle vereis. Slegs in baie uitsonderlike gevalle waarin die lewe van ons kliënt of iemand anders in gevaar is, is ons verplig om vertroulikheid te verbreek. In sulke gevalle probeer ons eers om die situasie met kliënte te bespreek voordat ons voortgaan.


Kliek hier vir meer inligting​​