Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Hoe om Aansoek te Doen

​​​

Wat is 'n gestremdheid?

Mense met gestremdhede sluit diegene in met langtermyn fisiese, sielkundige, intellektuele of sensoriese aantastings wat in interaksie met verskeie hindernisse hulle volle en effektiewe deelname in die gemeenskap op 'n gelyke grondslag met ander mag belemmer (VN Handves vir die Regte van Persone met Gestremdhede,2006).

 

Hoe om vir 'n graadprogram en akkommodasie by SU aansoek te doen

Dien aansoek op 'n SU-aansoekvorm of elektronies (http://www.maties.com/apply.html). Alle studente moet die Nasionale Maatstaftoetse (NMT'e) skryf. Vir enige navrae ten opsigte hiervan, kontak die NMT-projekspan direk by www.nbt.ac.za. Ekstra skryftyd vir die NMT'e kan ook met die span gereël word.