Die Eenheid vir Gestremdhede bied ʼn reeks dienste aan studente met gestremdhede wat strek van raad oor toepaslike oplossings vir akademiese en ondersteuning en toegang tot pasgemaakte studiemateriaal.
Die Eenheid vir Gestremdhede staan voornemende studente met gestremdhede wat die US hul akademiese tuiste wil maak, by.
Die Eenheid vir Gestremdhede bied studente en personeel verskeie geleenthede vir opleiding. Dit strek van die aanleer van gebaretaal, en die fasiliteer van personeelopleiding deur middel van die Siyakhula-opleidingsessies.
By die Eenheid vir Gestremdhede verskaf ons akademiese ondersteuning aan studente om hulle waar en wanneer hulle dit nodig het, te ondersteun.
Die Eenheid vir Gestremdhede fasiliteer toegang tot verskeie dienste aan die US. Hierdie dienste sluit in finansiële ondersteuningsdienste, en voorligtings- en sielkundige dienste.
Die US akkommodeer ongeveer 6 500 studente in die verskeie koshuise op die Stellenbosch-kampus en ongeveer 1 000 studente op die Tygerberg-kampus.
Die US akkommodeer ongeveer 6 500 studente in die verskeie koshuise op die Stellenbosch-kampus en ongeveer 1 000 studente op die Tygerberg-kampus.
Vra gerus vrae as jy onseker is. Jy is welkom om ʼn personeellid met ʼn versoek of vraag te nader. As hulle jou nie dadelik kan help nie, sal hulle jou verwys na die persoon wat jou die beste sal kan help.
ER24 Noodnommer010 205 3032