Student Affairs
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meer Oor

Die rasionaal vir Studentesake (STS) as 'n Afdeling is om op 'n sistemies-holistiese wyse ondersteuning aan hoofsaaklik, maar nie uitsluitlik nie, studente te bied; om verwante omgewings meer geïntegreerd te laat funksioneer en om koherente samewerking met alle rolspelers aan die Universiteit (veral die studente en die fakulteite) te optimaliseer.

VISIE: STS streef daarna om, mbt die ko-kurrikulum en die hoofkurrikulum, uitmuntende ontwikkelingsgeleenthede, akademiese, psigososiale en algemene ondersteuning aan studente te bied wat gekenmerk word deur bewese, wetenskaplik verantwoorde praktyke wat waarde toevoeg en wat bydra tot die lewering van suksesvolle, afgeronde studente. Terselfdertyd poog STS om op 'n geïntegreerde en sistemies-holistiese wyse met ander afdelings, fakulteite en strukture van die Universiteit saam te werk om hierdie strewe te verwesenlik.

WAARDES: Waardes wat deur STS voorgehou word, is:

  • Diensbaarheid
  • Wetenskaplikheid
  • Studentgesentreerdheid