Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Konsultasie & Werksessies

 

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste bied aan studente werksessies oor die skryf van CV's, dekbriewe en onderhoudvaardighede sodat hulle beter voorbereid vir toetrede tot die beroepswêreld kan wees. Sessies word aangebied in groter beheerbare groepe van 15-30, in kleiner groepe van vyf vir nouer betrokkenheid, en individueel wanneer die behoefte bestaan. Klik op MatiesCareers​ om vir ons werkswinkels te registreer.

Om 'n meer direkte en geïndividualiseerde benadering in die kleingroep- en individuele sessies te verseker, word studente aangemoedig om hulle konsep-CV's of dekbriewe ten minste drie dae voor die werksessie te e-pos sodat die fasiliteerder die sessie by die persoonlike behoeftes van die aanwesiges kan aanpas.

E-pos asseblief jou CV na Thobeka Msi by stm@sun.ac.za

Kursusfooie en betalingsprosedure

Koste 

Alhoewel daar geen kostes verbonde is aan hierdie werksessies nie, is dit baie belangrik dat studente moet registreer vir die werksessie(s) by die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste, Victoriastraat 43. Registrasie vir die werksessies maak oop Maandag 18 Januarie 2019.

 

Indien jy meer inligting oor die werksessie verlang, kontak asseblief Delisha van Neel by 021-808 3568

E-pos asseblief jou konsep-CV na: STM@sun.ac.za