KAMPUSLEWE
Die US akkommodeer
ongeveer 6 500 studente in die verskeie koshuise op die
Stellenbosch-kampus en ongeveer 1 000 studente op die Tygerberg-kampus.
Sommige koshuise is ingerig om spesifiek aan die behoeftes van studente met
gestremdhede te voldoen.
Inwoning op kampus
Verskeie koshuise is
ingerig vir studente met gestremdhede. Waar moontlik kan
aanpassings aan bestaande geboue gemaak word, maar jou spesifieke behoeftes
moet eers aan jou koshuishoof of die Eenheid vir
Gestremdhede gekommunikeer word. Die Universiteit het sy sportgronde,
sportaktiwiteite en toegang tot parkering verbeter om studente met gestremdhede
te akkommodeer. Maak gerus kontak met die Eenheid of die Kontak- en
Kliëntesentrum by 021 808 9111 of info@sun.ac.za vir meer inligting.
Inwoning elders
As jy nie op die
kampus wil woon nie, kan jy navraag doen oor privaatinwoning by Kommersiële
Dienste by 021 808 3950, Neelsie Eiendomme (in die Neelsie-studentesentrum
op die Stellenbosch-kampus) by 021 887 3780 of jy kan Student Stellies
Stay besoek by www.stellies-student-stay.co.za.
Toegang van geboue
en parkering
Opgradering om die
toeganklikheid van alle US-geboue en -persele te verbeter word deurlopend
gedoen. Daar word ook voorsiening gemaak vir die parkeerbehoeftes van studente met
gestremdhede. As jy raad nodig het oor hoe om ‘n gestremde parkeerskyfie te bekom, kan jy vir Melanie Willems by 021 808 3675 skakel of epos by mwillems@sun.ac.za. Skakel Fasiliteitsbetuur by 021 808 4666 on fisiese toegangsprobleme aan te meld.
Sport
Die US bied ʼn
verskeidenheid sportsoorte vir persone met gestremdhede. Kontak Wentzel Barnard
by 021 808 3537 of wwb2@sun.ac.za om meer hieroor uit te vind.