​​​​​​​​SENTRUM VIR STUDENTEVOORLIGTING EN -ONTWIKKELING​

SSVO​

​Die SSVO bestaan ​​uit vier eenhede wat elkeen gespesialiseerde ondersteuning en dienste aan studente bied:​

Eenheid vir Gestremdhede

Die Eenheid vir Gestremdhede staan voornemede en huidige studente met gestremdhede by. Ondersteuning sluit in innoverende akademiese oplossings, advies oor steuntegnologie en die prioritisering van die akkommodeer van spesifieke gestremdhede.

Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling

Die Eenheid vir Akademiese Voorligting en Ontwikkeling rus studente toe met die nodige vaardighede om hul potensiaal te bereik deur verskeie dienste aan te bied soos voorligting en werksessies gerig op akademiese sukses.

Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste

Die dienste van die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste is daarop gerig om geregistreerde studente van die US te ondersteun met die oorgang van onderwys na indiensname.

Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste

Die Eenheid vir Psigoterapeutiese en Ondersteuningsdienste lewer individuele en groepsberadingsintervensies en maatskaplikewerkdienste aan studente wat sielkundige, emosionele, persoonlike of maatskaplike behoeftes het.​​

Na-ure ondersteunings vir US-studente​​

Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) en die Kampusgesondheidsdiens (KGD) van die Universiteit Stellenbosch (US), in vennootskap met ER24, bied alle geregistreerde US-studente 24-uur-toegang tot trauma- en mediese ondersteuning. Lees hier meer oor hoe u toegang tot die diens kan kry.​

VISIE, MISSIE EN​ WAARDES

Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling word gelei deur ons visie, missie en waardes soos hieronder uiteengesit​.

Visie

Ons streef daarna om ʼn toeganklike, inklusiewe en kliëntgesentreerde Sentrum te wees, met ons waardes gebaseer op medemenslikheid; ons is daarop gerig om burgerskap te bevorder deur die fasilitering van welwees, persoonlike verantwoordbaarheid en volhoubare gelykheid.

Missie

Om sielkundige, ontwikkelings- en ondersteuningsdienste aan die Universiteitsgemeenskap te lewer, met die klem op kritiese betrokkenheid, voorspraak, persoonlike groei en gegradueerdheid.

Waardes

Empatie, gedeelde aanspreeklikheid, innovasie, uitnemendheid en leierskap in diens van ander.​


 

 

Direkteur: SSVOCharlDavidscdavids@sun.ac.zaHestia Kotzé021 808 4707
Sekretaresse: Direkteur: SSVOHestia Kotzé hzkotze@sun.ac.za 021 808 4707
CPD Well Administratiewe BeampteLezelJansenlezelj@sun.ac.za
Finansiële BeampteSanetvan Zyl sanetvz@sun.ac.za0218084707
Senior Sekretaresse AmandaWelgemoed aw1@sun.ac.za 021 808 4707
SekretaresseMarleneDenyssenmdenyssen@sun.ac.za021 808 4707
AssistentMaria Vlokvlokm@sun.ac.za021 808 4707

​​