Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Konsultasie, Opleiding en Koste

​​

Werkwinkels en ander Konsultasies

 

Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) sal verskeie werkwinkels aanbied om ons in staat te stel om vir meer mense met soortgelyke behoeftes van diens te wees. Dit kan wees dat jy nie 'n spesifieke behoefte het nie, maar net sekere vaardighede wil verbeter of ontwikkel. Die werkwinkels bestaan gewoonlik uit 'n spesifieke aantal sessies wat weekliks in groepe aangebied word. Sommige werkwinkels behels 'n enkele sessie, terwyl ander vir vyf tot ses weke kan aanhou. By voltooiing van die bywoning van 'n werkwinkel ontvang elke deelnemer 'n sertifikaat wat erkenning aan bywoning verleen.

Onderwerpe sluit onder andere die volgende in:

  1. Akademiese ontwikkeling: Studiemetodes; Effektiewe tydbestuur; Denkvaardighede; en Streshantering gedurende toetse en eksamens
  2. Persoonlike ontwikkeling: Verbeter jou selfvertoue en sosiale vaardighede; Stresbestuur in jou studies en persoonlike lewe.
  3. Persoonlike onderhoud-vaardighede.
  4. CV-skryf-vaardighede.
  5. Gebaretaal-werkwinkels

Vir 'n volledige skedule van werkwinkels in 2015, besoek asseblief werkwinkels

 

Opleiding


Besprekings van multidissiplinêre gevalle en forumaanbiedings word gereeld as deel van die indiensopleidingsprogramme van die SSVO se personeel aangebied. Besprekings van multidissiplinêre gevalle word tans by die Professionele Raad vir krediete (sogenaamde CPD's) geakkrediteer en word deur geregistreerde praktisyns bygewoon. Hierdie program (bekend as "Psychology CPD Well") is ook beskikbaar by: www.cpdwell.co.za.

Forumaanbiedings is geleenthede waartydens die personeel gesprekke en onderhoude met kundiges mag voer oor huidige onderwerpe wat direk verband hou met die dienste wat deur die sentrum gelewer word.


 

Koste


Die meeste dienste wat deur die SSVO vir ingekrewe studente aangebied word, is gratis. Dit sluit individuele terapie en groepterapie vir 'n maksimum van 10 – 12 sessies in. Indien dit vir jou nodig word om 'n psigiater te raadpleeg, sal 'n fooi waarskynlik gevra word. Neem vrymoedigheid om die fooi met ons te bepreek as dit 'n uitdaging is.


Vir sommige werkwinkels en psigometriese assesserings mag 'n minimale fooi gehef word om koste te dek.